BTW: ALGEMENE TEENVERMYDINGSMAATREËLS
Die meeste belastingwette in Suid-Afrika bevat ’n algemene oorheersende bepaling in die vorm van algemene teenvermydingsmaatreëls[1]. Kragtens hierdie bepalings, waar die algemene teenvermydingsmaatreëls se bepalings van toepassing is, is die Kommissaris van die SAID by magte om in die algemeen ’n tersaaklike transaksie na goeddunke te behandel ten einde die belastingvermydingseffek van die transaksie aan […]
BELANGRIKE SAID-DATUMS
Dit lyk of SAID die afgelope tyd toenemend fokus op belastingnakoming. Ons wil derhalwe weereens die onderstaande belangrike datums beklemtoon ten einde te verseker dat ons kliënte altyd volledig belastingnakomend is. Nie-nakoming kan daartoe lei dat boetes opgelê word aan belastingbetalers wat nie hul belastingverpligtinge nakom nie. Dit het ook wyer implikasies wat kan insluit […]
DIE 2017 BELASTINGSEISOEN IS OOP
Die Kommissaris van die SAID het onlangs die jaarlikse kennisgewing gepubliseer om die 2017 belastingseisoen amptelik “oop” te verklaar. Individue mag hul jaarlikse inkomstebelastingopgawes vir die 2017-aanslagjaar (wat op 28 Februarie 2017 geëindig het) vanaf 1 Julie 2017 indien, en ons versoek dat ons kliënte ons kontak sodat ons die nodige reëlings kan tref. Die […]
‘N TYDSBEREKENING-ANOMALIE WANNEER EIENDOM VERHANDEL WORD
Eiendomsverwante transaksies is gewoonlik betekenisvolle transaksies, daarom moet belastingoorwegings wat daaraan verbind word, deeglik bestudeer word. Een sodanige oorweging behels die tydsberekening van die verhandeling van onroerende bates wat deur persone besit is as kapitale bates. Verkoop van sodanige eiendom sal ‘n transaksie behels wat onderworpe is aan kapitaalwinsbelasting (“KWB”). Hierdie artikel bespreek wanneer die […]
VOORLOPIGE BELASTING WANNEER U EIENDOM VERKOOP WORD
Die voorlopige belasting-regime funksioneer as ‘n deurlopende kontantvloeimeganisme ten gunste van die Regering waarvolgens belasting voorlopig betaal word op inkomste verdien in afwagting op die finale belastingaanspreeklikheid wat bereken word wanneer ‘n persoon finaal vir inkomstebelasting aangeslaan word. Wanneer ‘n persoon vir voorlopige belasting geregistreer is, word daar vereis dat vooruitskattings van belasbare inkomste sesmaandeliks […]
BELASTINGBOETES: ONDERSTELLINGSBOETES IN DIE WET OP BELASTINGADMINISTRASIE
Die Wet op Belastingadministrasie, 28 van 2011, het die idee van “onderstellingsboetes” wat op ‘n persentasiegrondslag gehef word, ingevoer. Die boetes word gehef afhangende van watter gedrag deur die belastingbetaler geopenbaar word en word ingedeel volgens die onderstaande tabel wat in artikel 223(1) vervat is: Dit is nie duidelik hoe ‘n belastingbetaler se gedrag geklassifiseer […]
REËLS VIR VOORLOPIGE BELASTING
Met die aanbreek van die voorlopige belasting-seisoen is dit belangrik om die reëls met betrekking tot die beraming van u inkomste in gedagte te hou. Die betaling vir voorlopige belasting moet voor of op die vervaldatum van 28 Februarie 2017 deur SAID ontvang word, anders mag SAID boetes en rente oplê. Belangrike reëls met betrekking […]
PRAKTYKNOTA 31 OP DIE VOORGROND
Die aftrekbaarheid van rente vir inkomstebelastingdoeleindes en meer bepaald die toepassing van die SAID se Praktyknota 31,was onlangs onder die loep in Mr X v CSARS [1]. In die breë sal uitgawes vir die doeleindes van inkomstebelasting aftrekbaar wees as al die vereistes van artikel 11(a) van die Wet op Inkomstebelasting , 58 van 1962, […]
BTW EN GEMEENREGTELIKE DIEFSTAL
‘n Onlangse beslissing het belangstelling gewek in die kwessie of belastingbetalers wat in gebreke bly om die korrekte bedrag aan BTW oor te betaal, bo en behalwe ander statutêre misdrywe wat deur die Wet op BTW, 89 van 1991, voorgeskryf word, ook van gemeenregtelike diefstal aangekla kan word. In Director of Public Prosecutions, Western Cape […]
SAID REIK NUWE BESLISSING UIT OOR DOKUMENTÊRE VEREISTES VIR BTW-DOELEINDES
In Februarie het die South Atlantic Jazz Festival (Pty) Ltd suksesvol by die Volle Regbank van die Wes-Kaapse Hooggeregshof geappelleer teen ‘n uitspraak van die Belastinghof (gerapporteer as ABC (Pty) Ltd v CSARS [2015] ZAWCHC 8). Hierdie uitspraak het gehandel oor dokumentêre bewys wat deur die Kommissaris van die SAID vereis word ter stawing van […]