DTVDH

“UITGANGSKOSTE” MET BEËINDIGING VAN BELASTINGINWONERSKAP

Suid-Afrikaanse wetgewende gevolge van die staking van verblyf in Suid-Afrika Artikel 9H van die Wet op Inkomstebelasting handel oor aangeleenthede rakende die beëindiging van inwonerskap in Suid-Afrika. In hierdie artikel word in wese gesê dat indien ’n persoon wat ’n inwoner is, gedurende enige jaar van aanslag ophou om ’n inwoner te wees, die persoon behandel moet word asof hy van sy bates ontslae geraak het op die datum onmiddellik voordat hy sy […]

DIE GEVOLGE VIR INKOMSTEBELASTING VAN ’N VERANDERING VAN VOORNEME IN DIE WYSE WAAROP BATES GEHOU WORD

Die onderskeid tussen bedrae van ’n kapitale aard wat ontvang word in teenstelling met ontvangste van ’n inkomste-aard, is noodsaaklik vir inkomstebelastingdoeleindes. Nie-kapitaalbedrae wat ontvang word, soos uit die verhandeling van handelsvoorraad, is onderhewig aan belasting teen ’n hoër effektiewe koers vergeleke met kapitaalwinste. Die primêre voorneme met die aanskaf van ‘n bate is in […]

SKENKINGBELASTING: WIE, WAT, WAAR EN HOE?

Is jou kennis genoegsaam oor skenkingsbelasting? Dink jy dalk daaraan om ń familielid finansieel by te staan, of om ń kind te help met ń deposito vir die aankoop van ‘n huis of motorvoertuig? Voor jy die transaksie aangaan is daar ń paar dinge wat jy in gedagte moet hou wanneer dit by ń skenking […]

ARTIKEL 7C: WAAROOR GAAN DIT ALLES?

Artikel 7C van die Wet op Inkomstebelasting, No. 58 van 1962 (die Wet) is uitgevaardig met ingang van 1 Maart 2017. Dit dien as ‘n teenvermydingsmaatreël gemik op beteueling van die belastingvrye oordrag van rykdom na trusts deur gebruik van lae rente- of rentevrye lenings, voorskotte of krediete. Die Verklarende Memorandum oor die Wysigingswet op […]

ADDISIONELE MEDIESE KORTING VIR ’N INDIVIDU: WANNEER KAN EK MEDIESE UITGAWES UIT DIE SAK BETAAL AS ’N EIS INDIEN?:

Addisioneel tot die Artikel 6A mediese belastingkrediet is daar ook krediet beskikbaar vir individue (belastingpligtiges) wat mediese uitgawes self uit die sak uit betaal in terme van Artikel 6B van die Inkomstebelastingwet. Die addisionele mediese uitgawes belastingkrediet kan deur die belastingpligtige geëis word vir  kwalifiserende mediese uitgawes aangengaan vir homself asook sy afhanklikes. Volgens Artikel […]

ADDISIONELE MEDIESE UITGAWES BELASTINGKREDIET

Artikel 6B van die Wet op Inkomstebelasting[1] maak voorsiening vir ’n addisionele mediese uitgawes belastingkrediet (bekend as AMTC) wat bereken word op kwalifiserende “uit-die-sak” mediese uitgawes. Hierdie belastingkrediet verminder die bedrag inkomstebelasting waarvoor ’n natuurlike persoon (hierna genoem die “belastingbetaler”) aanspreeklik is. Die AMTC word addisioneel tot die medieseskemafooie-belastingkrediet (MTC) toegestaan ten opsigte van fooie […]

VERDERE VERFYNING VAN DIE AANVAL OP RENTEVRYE LENINGS AAN TRUSTS

Ons het tevore berig oor die invoering van artikel 7C van die Wet op Inkomstebelasting, 58 van 1962. Kragtens hierdie teenvermydingsbepaling het die Nasionale Tesourie gepoog om ‘n aanval te loods op rentevrye lenings wat aan trusts gemaak word deur verbonde persone van die trust. Hierdie lenings sou tipies tot stand kom deurdat ‘n individu […]

BELASTINGVERBLYF VIR INDIVIDUE

In Suid-Afrika word inkomstebelasting op ‘n bronbasis gehef, met ander woorde, alle Suid-Afrikaanse bron inkomste is onderhewig aan inkomstebelasting, ongeag of dit deur Suid-Afrikaanse belastingpligtiges verdien is al dan nie. Suid-Afrikaanse belastingpligtiges word egter ook op hul wêreldwye verdienste belas, ongeag of die inkomste vanuit ‘n Suid-Afrikaanse bron ontstaan het al dan nie. Nie-belastingpligtiges word […]

RENTEVRYE LENINGS EN TRUSTS

Die onlangse invoering van Afdeling 7C tot die Wet op Inkomstebelasting1 het die belasting van trusts, en spesifiek die befondsing daarvan, opnuut onder die soeklig geplaas. In kort, Afdeling 7C beoog die heffing van skenkingsbelasting op lenings verskuldig deur trusts aan verbonde partye (tipies die begunstigdes of maatskappye wat dit beheer). Tot die mate waartoe […]

LBS EN DIE VERGOEDING VAN DIREKTURE (EN LEDE) VANAF 1 MAART 2017

Baie mense sou in die nasionale media kennis geneem het dat die Wysigingswet op Belastingadministrasiewette, 16 van  2016, op 11 Januarie 2017 deur President Zuma onderteken is. Een van die baie veranderinge wat die Wet invoer is die intrekking van par. 11C  van die Vierde Skedule tot die Wet op Inkomstebelasting, 58 van 1962. Die […]

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X