Skip to main content

DTVDH

PRAKTYKNOTA 31 OP DIE VOORGROND

Die aftrekbaarheid van rente vir inkomstebelastingdoeleindes en meer bepaald die toepassing van die SAID se Praktyknota 31,was onlangs onder die loep in Mr X v CSARS [1]. In die breë sal uitgawes vir die doeleindes van inkomstebelasting aftrekbaar wees as al die vereistes van artikel 11(a) van die Wet op Inkomstebelasting , 58 van 1962, […]

PERSOONLIKE DIENSMAATSKAPPYE

Belastingbetalers wat natuurlike persone is en ‘n salaris verdien, het baie min items van uitgawe beskikbaar wat hulle mag aftrek vir inkomstebelasting doeleindes (Afdeling 23[m] van die Wet op Inkomstebelasting, 58 van 1962). Oor die algemeen is die aftrekkings wat salaristrekkers vir inkomstebelasting doeleindes mag eis beperk tot onder andere bydrae tot aftreefondse, skenkings aan […]

ERNSTIGE VOORLOPIGE BELASTINGBOETES OP ONDERBERAMING VAN INKOMSTE

Voorlopige belastingbetalers is gewoonlik daardie belastingbetalers wat inkomste uit ’n ander bron as ‘n salaris verdien. LBS word dus nie op ‘n maandelikse basis van daardie ander bronne van inkomste afgetrek en aan die SAID oorbetaal nie. Soos die geval is met LBS vorm voorlopige belasting ‘n kontantvloeimeganisme na die Nasionale Tesourie waardeur voorafbetalings van […]

SKENKERSBELASTING

Skenkersbelasting word gehef in terme van Afdeling 54 van die Wet op Inkomstebelasting, 58 van 1962 (“Inkomstebelastingwet”). Die belastingkoers is tans 20% en word gehef op die waarde van enige eiendom wat deur Suid-Afrikaanse inwoners geskenk word. Die belasting word op die skenker gehef, alhoewel die Inkomstebelastingwet ook daarvoor voorsiening maak dat die belasting in […]

MISBRUIK VAN BERAAMDE VERLIESE

‘n Beraamde verlies vir die doeleindes van inkomstebelasting is potensieel ‘n waardevolle bate: dit verteenwoordig vorige skuld van ‘n belastingbetaler wat oorgedra kan word na daaropvolgende belastingjare waarteen toekomstige belasbare winste verreken kan word. Die verrekening van vorige verliese – in die vorm van ‘n beraamde verlies – teen bestaande belasbare inkomste bied die ooglopende […]

DREMPEL REGISTRASIEVEREISTES VIR VAARDIGHEIDSONTWIKKELINGS HEFFING

Dit het onlangs onder ons aandag gekom dat ‘n toenemende aantal oudits deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens gedoen word rakende belastingbetalers se verpligtinge in terme van die Wet op Vaardigheidsontwikkelings heffings Nr. 9 van 1999 (VOH-Wet). Die fokus is skynbaar spesifiek op nienakomende belastingbetalers wat versuim om te registreer soos vereis in terme van Afdeling 5 […]

FINANSIËLE BYSTAND AAN DIREKTEURE

‘n Maatskappy wat geld aan sy direkteure leen, mag dit moontlik ‘n moeiliker proses vind as wat dit aanvanklik blyk – selfs in die geval van sogenaamde “eenmanmaatskappye”. Daar is verskeie vereistes waaraan voldoen moet word volgens die Wet op Maatskappye 71 van 2008, sowel as sekere potensiële slaggate in die Wet op Inkomstebelasting 58 […]

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X