Skip to main content

DTVDH

ADDISIONELE MEDIESE KORTING VIR ’N INDIVIDU: WANNEER KAN EK MEDIESE UITGAWES UIT DIE SAK BETAAL AS ’N EIS INDIEN?:

Addisioneel tot die Artikel 6A mediese belastingkrediet is daar ook krediet beskikbaar vir individue (belastingpligtiges) wat mediese uitgawes self uit die sak uit betaal in terme van Artikel 6B van die Inkomstebelastingwet. Die addisionele mediese uitgawes belastingkrediet kan deur die belastingpligtige geëis word vir  kwalifiserende mediese uitgawes aangengaan vir homself asook sy afhanklikes. Volgens Artikel […]

BELASTINGSKULD EN AFBETALINGSOOREENKOMSTE

Om by iemand in die rooi te wees is vir meeste ’n onaangename ervaring, veral as die skuldeiser die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (die SAID) is. Omstandighede lei egter soms na gevalle waar ’n belastingpligtige agter raak met bedrae wat aan die SAID verskuldig is. Ons ondervind egter dat die SAID se skuldinvorderaars (intern en nuut-aangestelde eksterne […]

BTW-VERHOGING VAN 14% TOT 15%

Die Minister van Finansies het in sy onlangse Begrotingsrede aangekondig dat die BTW-koers met ingang 1 April 2018 van 14% tot 15% verhoog sal word. Verskeie belangrike sake moet in aanmerking geneem word om ’n gladde oorgang te verseker. Oor die algemeen word die verskaffing van goedere of dienste geag plaas te vind op die […]

BUDGET 2018: IT’S A NUMBERS GAME

South Africa’s budget paints a very interesting picture when one drills down into the numbers involved. The annual national budget presented in Parliament on 21 February 2018 by Finance Minister Malusi Gigaba presented South Africa’s biggest budget yet, providing for budgeted consolidated Government expenditure over the 2018/2019 fiscal year in the amount of R1,657,200,000,000! Of […]

ADDISIONELE MEDIESE UITGAWES BELASTINGKREDIET

Artikel 6B van die Wet op Inkomstebelasting[1] maak voorsiening vir ’n addisionele mediese uitgawes belastingkrediet (bekend as AMTC) wat bereken word op kwalifiserende “uit-die-sak” mediese uitgawes. Hierdie belastingkrediet verminder die bedrag inkomstebelasting waarvoor ’n natuurlike persoon (hierna genoem die “belastingbetaler”) aanspreeklik is. Die AMTC word addisioneel tot die medieseskemafooie-belastingkrediet (MTC) toegestaan ten opsigte van fooie […]

DERDE VOORLOPIGE BELASTINGBETALINGS

oorlopige belastingbetalers moet jaarliks twee opgawes indien: een ses maande na die aanvang van die betrokke jaar van aanslag en ‘n tweede opgawe op die laaste dag van die betrokke belastingjaar.[1] Voorlopige belastingbetalers is belastingbetalers wat inkomste in ‘n ander vorm as salarisinkomste (waarvan LBS maandeliks afgetrek word) verdien, en om hierdie rede maak die […]

BELANGRIKE SAID-DATUMS

Dit lyk of SAID die afgelope tyd toenemend fokus op belastingnakoming. Ons wil derhalwe weereens die onderstaande belangrike datums beklemtoon ten einde te verseker dat ons kliënte altyd volledig belastingnakomend is. Nie-nakoming kan daartoe lei dat boetes opgelê word aan belastingbetalers wat nie hul belastingverpligtinge nakom nie. Dit het ook wyer implikasies wat kan insluit […]

TERUGWERKENDE BELASTINGWETGEWING: KAN DIE TESOURIE JOU BELASTINGGESKIEDENIS HERSKRYF?

Terugwerkende wetgewing behels die Parlement se deurvoer van Wette wat die wetlike status of gevolge van handelinge wat reeds deur persone uitgevoer is, beïnvloed. In ‘n strafregtelike verband, byvoorbeeld, sou terugwerkende wetswysigings behels dat die Parlement ‘n wet deurvoer wat bepaal dat handelinge wat reeds deur ‘n individu uitgevoer is, onwettig mag wees met historiese […]

DIE 2017 BELASTINGSEISOEN IS OOP

Die Kommissaris van die SAID het onlangs die jaarlikse kennisgewing gepubliseer om die 2017 belastingseisoen amptelik “oop” te verklaar. Individue mag hul jaarlikse inkomstebelastingopgawes vir die 2017-aanslagjaar (wat op 28 Februarie 2017 geëindig het) vanaf 1 Julie 2017 indien, en ons versoek dat ons kliënte ons kontak sodat ons die nodige reëlings kan tref. Die […]

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X