Wees waaksaam teen die ‘Ides van die SAID’
Telefoniese oudits is besig om toe te neem “’n Waarsêer waarsku jou teen die ides van Maart”. Hierdie bekende Shakespeare-aanhaling wat vooraf teen die ongeluk van die Romeinse keiser, Julius Caesar, waarsku (wat Caesar uiteindelik geïgnoreer het en gevolglik tot sy dood gelei het) is dalk nie so argaïes soos dit wat dit met die […]
KAPITAALWINSBELASTING NA DIE DOOD
Artikel 9HA van die Inkomstebelastingwet handel oor geagte verkope deur ’n oorledene. Hierdie artikel van die Wet veroorsaak dikwels verwarring, veral as daar erfgename of legate is anders as die langslewende gade. Ingevolge die bepaling, word ’n afgestorwe persoon behandel asof hy of sy hul bates op die sterfdatum van die hand gesit het, vir ’n bedrag wat ontvang is of opgeloop het en gelykstaande is aan […]
BELASTINGVRYSTELLING OP BUITELANDSE INKOMSTES
Agtergrond Artikel 10(1)(o)(ii) bied verligting aan belastingbetalers deur nie op buitelandse indiensnemingsinkomste (“employment income”) belas te word nie aangesien die buitelandse maatskappy reeds LBS / belasting op daardie inkomste aftrek. Daar is egter sommige lande waar hul eie belastingwette bepaal dat geen belasting op buitelandse indiensnemingsinkomste afgetrek word nie. Die effek daarvan is dat sekere […]
BELASTINGSKULD EN AFBETALINGSOOREENKOMSTE
Om by iemand in die rooi te wees is vir meeste ’n onaangename ervaring, veral as die skuldeiser die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (die SAID) is. Omstandighede lei egter soms na gevalle waar ’n belastingpligtige agter raak met bedrae wat aan die SAID verskuldig is. Ons ondervind egter dat die SAID se skuldinvorderaars (intern en nuut-aangestelde eksterne […]
BTW-GEVOLGE VAN VERANDERING IN VOORGENOME GEBRUIK VAN GOEDERE
Dit gebeur dikwels dat ‘n besigheid goedere aankoop, maar dit dan op ‘n ander manier aanwend as wat die plan was op die oomblik toe die goedere aangekoop is. Byvoorbeeld, ‘n alleeneienaar wat motors verkoop, mag besluit om een van die gekoopte voertuie vir persoonlike gebruik aan te wend. Net so mag ‘n eiendomsontwikkelaar besluit […]
VERSOEK TOT OPSKORTING VAN BETALING
Die “betaal nou, argumenteer later” reël wat vervat is in Afdeling 164 van die Wet op Belastingadministrasie, 28 van 2011, vereis van belastingbetalers om enige belasting verskuldig in terme van ‘n belastingaanslag te betaal, ongeag of die betrokke belastingaanslag deur die belastingbetaler betwis word. Met ander woorde – en soos die naam voorstel – selfs […]
DREMPEL REGISTRASIEVEREISTES VIR VAARDIGHEIDSONTWIKKELINGS HEFFING
Dit het onlangs onder ons aandag gekom dat ‘n toenemende aantal oudits deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens gedoen word rakende belastingbetalers se verpligtinge in terme van die Wet op Vaardigheidsontwikkelings heffings Nr. 9 van 1999 (VOH-Wet). Die fokus is skynbaar spesifiek op nienakomende belastingbetalers wat versuim om te registreer soos vereis in terme van Afdeling 5 […]
WAT IS DIE TOEKOMS VAN TRUSTS?
Een van die vrae waarmee ons die meeste deur ons kliënte gekonfronteer word, is wat die toekoms van trusts in Suid-Afrika is. Sommige vrae verwys selfs na die wanopvatting dat die trust as regsinstrument self op die punt staan om in Suid-Afrika geheel en al geskrap te word! Die huidige fel debat is geensins so […]