DTVDH

Artikel 9HA van die Inkomstebelastingwet handel oor geagte verkope deur ’n oorledene. Hierdie artikel van die Wet veroorsaak dikwels verwarring, veral as daar erfgename of legate is anders as die langslewende gade. Ingevolge die bepaling, word ’n afgestorwe persoon behandel asof hy of sy hul bates op die sterfdatum van die hand gesit het, vir ’n bedrag wat ontvang is of opgeloop het en gelykstaande is aan die markwaarde van daardie bates op die sterfdatum. 

Hierdie geagte bepaling is nie van toepassing op die volgende omstandighede nie: 

  • Bates van, of ten gunste van die oorledene se oorlewende gade. 
  • ’n Belang in ’n inwonerspensioen, pensioenbewaring, voorsorg, voorsorgbewaring of uittree-annuïteitsfonds; of ’n fonds, reëling of instrument buite Suid-Afrika, wat soortgelyke voordele as dié in Suid-Afrika bied. 
  • Ten opsigte van sommige langtermynversekeringspolisse van die oorledene. 

Die posisie is egter anders as die oorlewende gade van die oorledene die bates verkry. In hierdie geval word dit beskou dat die oorledene die bates teen die basiskoste op die dag van die oorledene se dood verkoop het. Die langslewende gade tree in wese die oorledene se posisie in. 

In die situasie waar bates deur erfgename of legatariste verkry word, word bates wat verkry word behandel asof dit op die dag voor die dood van die oorledene verkoop word teen die markwaarde van daardie bates. In hierdie geval moet enige kapitaalwins ingesluit word in die finale belastingopgawe van die oorledene wat belasting tot op die datum van hul dood insluit. 

Die gevolg is as ’n erfgenaam of legaat bates op hierdie wyse bekom, die basiskoste daarvoor gelyk sal wees aan die markwaarde van die bates op die sterfdatum. 

Die praktiese aspekte van die dood is dat daar in wese drie verskillende belastingbetalers betrokke is: 

  • Die oorledene moet ’n opgawe indien wat belasting tot en met die dood bereken.
  • Daarna word die bestorwe boedel beskou as ’n ‘persoon’ vir belastingdoeleindes, en moet daar ’n belastingopgawe ingedien word vir inkomste verdien na die dood vir elke jaar wat die boedel bedrywig is. 
  • Ten slotte is enige erfgenaam of legataris die uiteindelike voordelige eienaar van die bates en dit vorm dan deel van die erfgenaam of legaat se boedel vanaf die datum van verspreiding aan die persoon. 

Eksekuteurs van boedels moet dus versigtig wees as hulle die gevolge van kapitaalwinsbelasting met die dood van ’n persoon hanteer, aangesien die tipe erfgenaam of legaat die behandeling kan bepaal. 

Hierdie artikel is ‘n algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg van die gebruik van enige inligting vervat in hierdie artikel nie. Kontak altyd ‘n finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies. (E&OE)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X