OORDRAG VAN GENOTEERDE AANDELE NA ’N KOLLEKTIEWE BELEGGINGSKEMA IN RUIL VIR ’N DEELNEMENDE BELANG
Baie saketransaksies word ingevolge Artikel 42 van die Inkomstebelastingwet aangegaan. Die Artikel laat in wese die oordrag van ’n bate deur ’n persoon aan ’n maatskappy toe, in ruil vir ekwiteitsaandele in daardie maatskappy, wat belastingneutrale transaksies moontlik maak. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het onlangs Bindende Private Beslissing 339 uitgereik rakende ’n transaksie waarin genoteerde aandele na ’n kollektiewe beleggingskema (GOS) […]
VERVOERDIENSTE AAN WERKNEMERS: BINDENDE ALGEMENE BESLISSING 50
Ingevolge die Wet op Belastingadministrasie kan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (“SAID”) Bindende Algemene Beslissings (“BAB“) oor sake van algemene belangstelling of belangrikheid uitreik en die kommissaris se toepassing of interpretasie van die belastingwet rakende hierdie sake duidelik maak. BAB 50 gee duidelikheid oor die sogenaamde ‘geen waarde‘ bepaling ten opsigte van die lewering van vervoerdienste deur ’n werkgewer aan sy werknemers. Agtergrond Werkgewers lewer gereeld vir werknemers vervoerdienste vanaf hul huise na die werkplek. Alhoewel dit meestal van toepassing is op plekke waar werk afgeleë is, soos in die boerdery– of mynbousektor, het die lewering van sulke dienste ook algemeen geword in stedelike gebiede waar verkeersopeenhopings aansienlike ure van die werknemers in beslag neem. Ingevolge die Sewende Bylae tot die Inkomstebelastingwet, wat oor byvoordele handel, is hierdie vervoerdienste belasbaar as ’n byvoordeel in die hande van werknemers. Die voordeel kan egter geen waarde trek as daar nie aan sekere voorwaardes voldoen word nie, wat effektief geen belastinggevolge vir die werknemer tot gevolg het nie. Verwarring het dikwels ontstaan oor die toepassing van die ‘geen-waarde‘-bepaling, veral waar die vervoer aan ’n derde party uitgekontrakteer word. Paragraaf 2(e) van die Sewende Bylae ag dat ’n belasbare voordeel van die werkgewer aan ’n werknemer toegestaan word wanneer die vervoerdiens, ten koste van die werkgewer, vir privaat of huishoudelike doeleindes aan die werknemer gelewer is. Paragraaf 10(2)(b) bepaal op sy beurt dat so ’n belasbare voordeel geen waarde sal trek as vervoerdienste deur die werkgewer aan sy werknemers in die algemeen gelewer word vir die vervoer tussen werk en huis nie. Die fokus van hierdie afdeling is dat die bepaling ‘geen waarde‘ is waar die werkgewer die vervoerdiens lewer en dit nie aan ’n ander party kontrakteer nie. Dit is die kern van die onderskeiding vir die BAB. Beslissing Indien die vervoer nie direk deur die werkgewer verskaf word nie (en uitgekontrakteer word aan ’n spesifieke verskaffer van vervoerdienste), moet die werkgewer die voorwaardes vir die lewering van die vervoerdienste duidelik maak. Vervoerdienste: Moet uitsluitlik aan werknemers aangebied word op grond van voorafbepaalde roetes; Kan nie ad-hoc deur werknemers versoek word nie; en Die kontrak vir die diens is tussen die werkgewer en die vervoerverskaffer, en geen werknemer is ’n party by die kontrak nie. Die voorsiening en toegang tot algemene openbare vervoer sal nie as ’n vervoerdiens deur die werkgewer gelewer word nie, en die “geen waarde“-voorsiening sal nie in hierdie omstandighede geld nie. Hierdie […]
KAPITAALWINSBELASTING NA DIE DOOD
Artikel 9HA van die Inkomstebelastingwet handel oor geagte verkope deur ’n oorledene. Hierdie artikel van die Wet veroorsaak dikwels verwarring, veral as daar erfgename of legate is anders as die langslewende gade. Ingevolge die bepaling, word ’n afgestorwe persoon behandel asof hy of sy hul bates op die sterfdatum van die hand gesit het, vir ’n bedrag wat ontvang is of opgeloop het en gelykstaande is aan […]
ARTIKEL 7C – ’N PRAKTIESE UITEENSETTING
Wat is artikel 7C? Hierdie artikel van die Inkomstebelastingwet is ’n teenvermydingsmaatreël wat gerig is op transaksies tussen verbonde persone en trusts, waar ’n trust befonds word deur lae rente of rentevrye lenings. Dit word gewoonlik gedoen om te verseker dat bates deel vorm van die kapitaal van die trust, en dat die befondser (wat gewoonlik ’n […]
BOERDERYBEDRYWIGHEDE: BELASTINGIMPLIKASIES
Boerdery in Suid-Afrika is soos tweede natuur vir baie Suid-Afrikaners, maar die belastingimplikasies van boerderybedrywighede laat ‘n paar vrae ontstaan wanneer ‘n belastingpligtige se belasbare inkomste bepaal word. Die belasting van boerderybedrywighede is onderhewig aan ‘n unieke stel belastingreëls. SARS vereis dat alle inkomste en uitgawes wat verband hou met boerderybedrywighede afsonderlik openbaar word sodat […]
BELASTING OP TOEGEVOEGDE WAARDE EN DIE JAARLIKSE UITSLUITING
Die 2018-belastingseisoen is in volle swang en dit is die moeite werd om na ’n algemene dwaling aangaande die vasstelling van kapitaalwinsbelasting vir individuele belastingbetalers en veral die rol van die “jaarlikse uitsluiting”, te kyk. Deur te verseker dat die jaarlikse uitsluiting akkuraat toegepas word soos bepaal in die Agtste Bylae tot die Inkomstebelastingwet[1], veral […]
ADDISIONELE MEDIESE KORTING VIR ’N INDIVIDU: WANNEER KAN EK MEDIESE UITGAWES UIT DIE SAK BETAAL AS ’N EIS INDIEN?:
Addisioneel tot die Artikel 6A mediese belastingkrediet is daar ook krediet beskikbaar vir individue (belastingpligtiges) wat mediese uitgawes self uit die sak uit betaal in terme van Artikel 6B van die Inkomstebelastingwet. Die addisionele mediese uitgawes belastingkrediet kan deur die belastingpligtige geëis word vir kwalifiserende mediese uitgawes aangengaan vir homself asook sy afhanklikes. Volgens Artikel […]
SKENKINGS
Of jy nou daaraan dink om jou seun finansieel te help om sy eerste eiendom te koop of om geld te skenk aan ‘n verdienstelike saak, daar is ‘n paar dinge wat jy in gedagte moet hou. Die Inkomstebelastingwet Nr 58 van 1962 definieer ‘n skenking as “’n gratis oormaking van eiendom, en ook ’n […]