DTVDH

Pasop vir swendelary tydens die belastingseisoen

Aan die einde van Augustus 2020 was ‘n groot kredietburo in Suid-Afrika die teiken van ‘n data-inbraak waartydens miljoene privaat datarekords van individue en maatskappye gekompromitteer is. Sulke data-lekkasies, tesame met die belastingindiening seisoen, bied die ideale geleentheid vir die misbruik van belastingbetalers se inligting en kan lei tot moontlike finansiële verlies. Die inherente kwesbaarheid van belastingbetalers se onderhandelinge met die SAID en die algemene vrees vir die belastingproses is die swendelaar se brood en botter – en […]

SPERDATUMS VIR INDIVIDUE EN ADMINISTRATIEWE BOETES

Die belastingseisoen het op 1 Julie 2018 oopgemaak en die sperdatums vir die huidige belastingseisoen is as volg: Tipe belastingpligtige Kanaal   Sperdatum   Alle belastingpligtiges Per hand by ’n SAID-tak   21 September 2018   Nie-voorlopige betaler  eFiling of per elektroniese indiening by ’n SAID-tak   31 Oktober 2018  Voorlopige betaler   eFiling   31 Januarie 2019   ’n Administratiewe boete word gehef in terme van artikel 210 van die Wet op Belasting Administrasie (hierna “die Wet”). Die Wet beskryf verskeie soorte nie-nakoming wat vaste administratiewe boetes tot gevolg het. Tans word boetes slegs vir laat of nie-indiening van belastingopgawes gehef. Enige belastingpligtige wat nie hul opgawe indien nie sal beboet word.   Boetes kan wissel van R250 tot R16 000 per maand vir elke maand wat die nie-nakoming voortduur tot ’n maksimum van 35 maande. Die bedrag van die boete word bepaal deur die belastingpligtige se belasbare inkomste.  Belasbare inkomste vir die voorafgaande jaar (laaste opgawe ingedien)  Boete   Aangeslane verlies   […]

DIE 2017 BELASTINGSEISOEN IS OOP

Die Kommissaris van die SAID het onlangs die jaarlikse kennisgewing gepubliseer om die 2017 belastingseisoen amptelik “oop” te verklaar. Individue mag hul jaarlikse inkomstebelastingopgawes vir die 2017-aanslagjaar (wat op 28 Februarie 2017 geëindig het) vanaf 1 Julie 2017 indien, en ons versoek dat ons kliënte ons kontak sodat ons die nodige reëlings kan tref. Die […]

BELASTINGSEISOEN 2016: SPERDATUM VIR NIEVOORLOPIGE BELASTINGBETALERS

Baie van ons kliënte is nie geregistreer as voorlopige belastingbetalers nie en dit word ook nie van hulle vereis nie. Hierdie nievoorlopige belastingbetalers moet egter kennis daarvan neem dat hul jaarlikse belastingopgawes (vir die aanslagjaar 2016 wat op 29 Februarie 2016 geëindig het) binnekort ingedien moet word, en nie eers op 31 Januarie 2017 soos […]

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X