DTVDH

Die belastingseisoen het op 1 Julie 2018 oopgemaak en die sperdatums vir die huidige belastingseisoen is as volg:

Tipe belastingpligtige Kanaal   Sperdatum  
Alle belastingpligtiges Per hand by ’n SAID-tak   21 September 2018

 

Nie-voorlopige betaler  eFiling of per elektroniese indiening by ’n SAID-tak   31 Oktober 2018 
Voorlopige betaler   eFiling   31 Januarie 2019  

’n Administratiewe boete word gehef in terme van artikel 210 van die Wet op Belasting Administrasie (hierna “die Wet”). Die Wet beskryf verskeie soorte nie-nakoming wat vaste administratiewe boetes tot gevolg het. Tans word boetes slegs vir laat of nie-indiening van belastingopgawes gehef. Enige belastingpligtige wat nie hul opgawe indien nie sal beboet word.  

Boetes kan wissel van R250 tot R16 000 per maand vir elke maand wat die nie-nakoming voortduur tot ’n maksimum van 35 maande. Die bedrag van die boete word bepaal deur die belastingpligtige se belasbare inkomste. 

Belasbare inkomste vir die voorafgaande jaar (laaste opgawe ingedien)  Boete  
Aangeslane verlies   R250  
R0 – R250 000   R250  
R250 001 – R500 000   R500  
R500 001 – R1 000 000   R1 000  
R1 000 001 – R5 000 000   R2 000  
R5 000 001 – R10 000 000   R4 000  
R10 000 001 – R50 000 000   R8 000  
Bo R50 000 000   R16 000  

Belastingpligtiges is by magte om vertoë aan die SAID te rig ten einde die boetes kwyt te skel, sou hul nie met die nie-nakoming saamstem nie. Vertoë sal egter slegs oorweeg word indien die nie-nakoming reeds reggestel is, en geldige gronde vir die nie-nakoming bestaan.  

Ongeag of u met die boete saamstem of nie, raai ons u aan om die uitstaande opgawes so gou moontlik in te dien om verdere boetes te vermy. 

Hierdie artikel is ’n algemene inligtingsblad en moenie as professionele advies gebruik of vertrou word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings, of vir enige verlies of skade wat voortspruit uit vertroue op enige inligting hierin nie. Behoudens foute en weglatings (BFW).

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X