Die Wet op Belastingadministrasie maak voorsiening vir die oudit en verifiëring van belastingbetalers se belastingopgawes vir alle belasting wat deur die Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) geadministreer word. In baie van die gevalle is die briewe wat deur belastingbetalers ontvang word in dié verband standaard-briewe wat nie enigsins meer spesifieke inligting bied rakende wat deur die SAID verwag word m.b.t. die belastingbetaler se unieke omstandighede of die dokumente wat vereis word nie. Meer onlangs, wanneer dit kom by inkomstebelasting en belasting op toegevoegde waarde, het die SAID ’n arbitrêre benadering geneem in die uitreiking van addisionele assesserings op grond van die inligting wat deur die belastingbetaler verskaf word in reaksie tot die onvoldoende (of soms net vae) versoeke om inligting.
Inkomstebelasting
Menigte belastingbetalers (wat natuurlike persone is) het onlangs ‘n versoek van die SAID ontvang waarin hulle die bankrekeninge lys wat op die belastingbetaler se naam geregistreer is, sowel as ’n opsomming van die totale aantal krediete (deposito’s) wat in hierdie onderskeie bankrekeninge gemaak is. Hiermee versoek die SAID dat die belastingbetaler verduidelik waarom daardie krediete nie almal ingesluit moet word in hul belasbare inkomste nie. Dié benadering van die SAID is besonders arbitrêr aangesien hulle dus aanvaar dat alle deposito’s wat in die belastingbetaler se bankrekeninge gemaak word kwalifiseer as inkomste. Daar kan natuurlik verskeie ander redes vir sulke deposito’s wees, insluitend donasies tussen eggenote, ontvangs van geskenke, die ontvangs van leningsfinansiering, pryse gewen, oordragte tussen die belastingbetaler se rekeninge, oordragte van verbandrekeninge na lopende rekeninge, ensovoorts. Hierdie benadering toon ’n wanbegrip aan rakende kommersiële werklikhede en plaas die belastingbetaler op die agtervoet aangesien hulle die bedrae moet verklaar wat nie as inkomste geklassifiseer moet word nie.
Belasting op toegevoegde waarde
Geen BTW-ondernemer in Suid-Afrika sou werklik die frustrasie van die administrasie van die BTW-stelsel vrygespring het nie, veral nie wat die verifiëring van BTW-opgawes betref nie. ’n Praktyk wat onlangs na vore begin kom het, is dat indien een of twee meer ondersteunende dokumente wat aan die SAID verskaf is nie aan die vereistes van ’n geldige belastingfaktuur voldoen nie, alle insetbelasting in die relevante belastingjaar onmiddellik, en sonder verdere ondersoek, afgekeur word deur die SAID. Die benadering is indringend deurdat die SAID dadelik aanvaar dat geen goedere of dienste wat deur die ondernemer in die tydperk ontvang is geldig is nie, of dat hulle ondersteunende dokumente benodig. Tensy die SAID hulle versoek duidelik uiteensit, kan ’n belastingbetaler nie die inligting identifiseer wat aan hulle verskaf moet word nie. Die regstreekse afkeur van alle insetbelasting is ‘n irrasionele praktyk wat op die toepaslike vlak aangespreek moet word.
Die bogenoemde voorbeelde illustreer net sommige van die arbitrêre praktyke waarmee belastingbetalers onlangs gekonfronteer is. Om dié rede word belastingbetalers aangeraai om die dispuutoplossingsproses noukeurig te benader, aangesien om verkeerde inligting te verskaf aan die SAID, of om verkeerde verklarings in hul korrespondensie met die Inkomste Agentskap af te lê, kan lei tot oorweldigende vooroordeel as gevolg van hierdie onaanvaarbare praktyke.
Hierdie artikel is ʼn algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg van die gebruik van enige inligting vervat in hierdie artikel nie. Kontak altyd ʼn finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies. (E&OE)