SPERDATUMS VIR INDIVIDUE EN ADMINISTRATIEWE BOETES
Die belastingseisoen het op 1 Julie 2018 oopgemaak en die sperdatums vir die huidige belastingseisoen is as volg: Tipe belastingpligtige Kanaal Sperdatum Alle belastingpligtiges Per hand by ’n SAID-tak 21 September 2018 Nie-voorlopige betaler eFiling of per elektroniese indiening by ’n SAID-tak 31 Oktober 2018 Voorlopige betaler eFiling 31 Januarie 2019 ’n Administratiewe boete word gehef in terme van artikel 210 van die Wet op Belasting Administrasie (hierna “die Wet”). Die Wet beskryf verskeie soorte nie-nakoming wat vaste administratiewe boetes tot gevolg het. Tans word boetes slegs vir laat of nie-indiening van belastingopgawes gehef. Enige belastingpligtige wat nie hul opgawe indien nie sal beboet word. Boetes kan wissel van R250 tot R16 000 per maand vir elke maand wat die nie-nakoming voortduur tot ’n maksimum van 35 maande. Die bedrag van die boete word bepaal deur die belastingpligtige se belasbare inkomste. Belasbare inkomste vir die voorafgaande jaar (laaste opgawe ingedien) Boete Aangeslane verlies […]