SAID HET DIE VOLGENDE KENNISGEWING AAN BELASTINGBETALERS UITGEREIK RAKENDE DIE TCC

DEDUCTION FOR HOME OFFICE EXPENDITURE
September 30, 2019
HOW TO QUALIFY AS A PUBLIC BENEFIT ORGANISATION
September 30, 2019

Die uitreiking van die gedrukte Belastingklaringsertifikaat (TCC) sal na 25 Oktober 2019 beëindig word, aangesien ons ‘n veiliger elektroniese Belastingnakomingstatus-stelsel (TCS) ten volle implementeer.

Sedert die implementering van die TCS-stelsel in 2015 het ons belastingbetalers aangeraai dat dit ons doel is om die gebruik van die gedrukte TCC te beëindig, en ons op ‘n komende datum die uitreiking van gedrukte TCCs sou beëindig.

Daardie datum het aangebreek. Die druk van ‘n TCC sal beëindig word en belastingbetalers sal hul TCS PIN moet gebruik om hul belastingnakomingstatus elektronies moet deel met derde partye. Bykomend tot die beëindiging van die vermoë om ‘n gedrukte TCC te bekom, sal alle aktiewe TCCs wat tans in sirkulasie is gekanselleer word. Jy sal dus nie meer in staat wees om dit te verifieer of te druk nie.

Jy word dus aangemoedig om jouself met die elektroniese TCS stelsel en die gebruik van die TCS PIN te vergewis, om  voorbereid te wees wanneer die gedrukte TCC-konsep heeltemal beëindig word.

Die veilige en gerieflike elektroniese TCS PIN bied jou ‘n wyse waardeur jy magtiging kan gun aan ‘n derde party (‘n organisasie of regeringsdepartement) om jou belastingnakomingstatus aanlyn te sien via eFiling,  deur hulle met die PIN te verskaf. Dit sal toegang gee tot jou algehele belastingnakomingstatus tot op die datum en tyd wat hulle dit sien, in plaas van jou belasting nakoming status soos dit was op die datum toe die TCS PIN aan jou uitgereik is. Om die vertroulikheid van belastingbetaler-inligting te beskerm, sal geen ander inligting toeganklik wees tot ‘n derde party deur hierdie proses nie.

Dit is belangrik om te onthou dat u belastingvoldoeningsstatus nie staties is nie , maar  verander volgens jou volgehoue nakoming met belastingverpligtinge.

Vir meer inligting oor hoe om die TCS PIN te gebruik, verwys asseblief na die ” Guide to the Tax Compliance Status” op eFiling se handleiding webblad.

Hierdie artikel is ʼn algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg  van die gebruik van enige inligting vervat in hierdie artikel nie. Kontak altyd ʼn finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies. (BFW).

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X