Terwyl Suid-Afrika tans in inperking is, waartydens ’n aansienlike aantal ondernemings hul bedrywighede moes staak, het die regering ’n mate van belastingverligting aangekondig. Ondernemings wat aan belasting voldoen, met ’n omset van minder as R50 miljoen, sal oor die volgende vier maande 20% van hul LBS-verpligtinge en ’n deel van hul voorlopige korporatiewe inkomste belastingbetalings kan uitstel sonder boetes of rente gedurende die volgende ses maande.
Die voorgestelde regshulp lewer egter ’n wettige en praktiese probleem.
Wettig
Terwyl President Ramaphosa en sy kabinet na hierdie verligtings–meganismes verwys het, bly hulle steeds deel van die uitvoerende arm van die regering. Hulle kan nie die wet en wysigings daaraan maak nie; dit is ’n funksie en voorreg van die Wetgewer (Parlement). Sonder dat sulke verligtings–meganismes wettig gemaak word, moet die SAID boetes en rente op laat- of kortbetalings oplê in ooreenstemming met die bestaande wetgewing. Dit is hoogs onwaarskynlik dat die Parlement byeengeroep sal word om wysigings aan belastingwette aan te bring om voorsiening te maak vir die verligting. Dus, wat kan gedoen word?
Die SAID kan die toepassing van ’n belastingwet deur ’n sogenaamde ‘algemene praktyk’ uiteensit. So ’n ‘algemene praktyk’ moet in ’n amptelike publikasie van die SAID, wat ’n praktyknota insluit, vervat word. Daar kan dus oorweeg word dat die SAID ’n praktyknota uitreik om aan te dui hoe hulle spesifieke bepalings sal toepas wat boetes en rente in sekere gevalle oplê. Alhoewel dit nog nie in die wet getoets is nie, is dit een van die opsies wat oorweeg kan word om regsgevolge aan die verligtings–meganismes wat voorgestel is, te heg. Dit sal interessant wees om te sien wat die SAID in hierdie geval besluit om te doen.
Prakties
Persone wat sake rakende nakoming hanteer sal deeglik daarvan bewus wees dat boetes en rente outomaties op rekeningstate opgelê word wanneer betalings laat ingedien word of kort betalings gedoen word. Outomatiese stelsels veroorsaak hierdie boetes en rente. Al is die eFiling-stelsel van SAID een van die beste elektroniese liasseerstelsels wêreldwyd, is dit onwaarskynlik dat daar op so kort kennisgewing veranderinge daaraan aangebring sal word.
Tensy daar handmatige ingryping deur ’n SAID-amptenaar is, sal belastingbetalers wat van die verligtings-meganismes gebruik maak, outomaties in ’n dispuutproses verkeer. Al is hulle ten volle geregtig op die verligting (met die veronderstelling dat die verligting behoorlik wettig is, soos hierbo aangedui), sal hulle die proses moet deurgaan om boetes en rente te laat opskort.
Ons stel voor dat belastingbetalers, voor hul van een van die verligtings–meganismes gebruik maak, met adviseurs konsulteer om eerstens te verseker dat die verligting wettiglik beskikbaar is, en tweedens uit te vind hoe hulle die dispuutproses moet bestuur indien dit nodig sou word.
Hierdie artikel is ‘n algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg van die gebruik van enige inligting vervat in hierdie artikel nie. Kontak altyd ‘n finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies. (E&OE)