‘n Tipiese scenario behels dat ‘n persoon in die straat loop of by ‘n restaurant sit wanneer hul selfoon gesteel word.
Ons neem dikwels aan dat selfoon diefstal gaan oor die dief wat die duur selfoon wil steel. Die werklike rede is dikwels meer ernstig – hulle wil deur die bank program in bankrekeninge kom.
Met ‘n tegniese kennis en sosiale ingenieurswese, “hack” hulle selfone en bank programme om geld oor te plaas na rekeninge wat hulle beheer.
Wat jy moet weet
Die bank programme self is veilig en is nie in die gedrang nie. |
Baie toestelle stoor gebruikersnaam en wagwoorde en gebruikers is nie bewus hiervan nie. |
Om ‘n gesteelde foon en SIM op die sellulêre netwerk te blokkeer, sal nie verhoed dat die bedrieërs die toestel gebruik nie. |
Swak gebruikersnaam en wagwoorde of beheer dra by tot bedrieërs wat toegang tot die toestel verkry. |
Wat om te doen as jou foon gesteel word:
- Kontak dadelik jou bank en ontkoppel jou bank profiel van die foon.
- Verander jou gebruikersname en wagwoorde.
Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.