Stygende rentekoerse, dit is nou die tyd om skuld te betaal en te spaar

Tax compliance lives beyond death
November 16, 2022
Vervanging van IT14SD-opgawe – Nuwe SARS-verifikasie proses
November 16, 2022

Aangespoor deur die bestuur van stygende inflasie en om die rand te beskerm, was die Suid-Afrikaanse Reserwebank sedert November 2021 gedwing om die prima rentekoers te verhoog. Die rentekoers is nou die afgelope ses vergaderings met 2,75% verhoog. Nog 1% in rentekoersverhogings word binne die volgende jaar verwag.

Stygende rentekoers siklusse vereis dat ons baie strenger moet wees oor wat ons spandeer. Slegs as daar geen alternatief is nie, stop/onderbreek eerder bydraes voordat jy aan jou kapitaal raak. Bepaal wat die doel van die belegging is. As dit vir ‘n vakansie is, is dit baie meer aanvaarbaar om te onttrek as ‘n belegging vir jou kinders se opvoeding of jou aftrede.

As jy surplusfondse beskikbaar het of besluit het om belegging onttrek, is dit belangrik om die regte skuld af te los. Begin deur eers jou skuld met die hoogste rentekoers af te betaal. Neem die belastingeffek in ag. Rente wat jy kan aftrek, is effektief goedkoper aangesien jy inkomstebelasting spaar. As skuld dieselfde rentekoers het, betaal die af met die kortste terugbetalings periode. Dit behoort die grootste impak op jou kontantvloei hê.

Sommige mense wat skuld terugbetaal, gaan net voort om nuwe skuld te maak, en eindig met dieselfde vlak van skuld, maar nou sonder enige beskikbare kapitaal. Ander gebruik enige besparing op skuld terugbetalings om hul lewenstyl te verhoog. In die meeste gevalle is ‘n individu se inkomste nie die probleem nie, eerder sy uitgawes. Stygende rentekoers siklusse vereis dat ons baie strenger moet wees oor wat ons spandeer.

Hierdie artikel is ‘n algemene inligtingsblad en moet nie as regs- of ander professionele advies gebruik of vertrou word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of vir enige verlies of skade wat voortspruit uit vertroue op enige inligting hierin nie. Kontak altyd u adviseur vir spesifieke en gedetailleerde advies. Foute en weglatings behalwe (E&OE).

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X