DTVDH

Ingevolge die Belastingadministrasie Wet kan SARS ‘n boete hef wanneer daar ’n onderskatting is wat die fiskus benadeel – tensy die onderskatting die gevolg was van ‘n “bona fide onopsetlike fout”.

Die presiese interpretasie van die woorde wat voorsiening maak vir die heffing van onderskattings boetes, wat miljoene rande kan beloop, is onduidelik.

Regspraak

Twee uitsprake in die Appèl Hof en een voor die Konstitusionele Hof het versuim om lig te werp op die korrekte interpretasie van wanneer ‘n fout as “bona fide” en “onopsetlik” beskou word.

Hoewel die Hof ten gunste van SARS in die Thistle Trust en Coronation Investment Management SA -sake bevind het, het hy die onderskatting boetes wat aan die belastingbetalers opgelê is, tersyde gestel.

Die Thistle Trust het ook die Konstitusionele Hof genader om teen die Hof se uitspraak te appelleer.

In albei gevalle het SARS kruis appèl aangeteken teen die Hof se besluit om die onderskattings boete tersyde te stel.

In die Thistle-saak was die onderskatting boete R1,45 miljoen. Die konstitusionele hof het nog nie ‘n bevinding oor sy appèl en SARS se kruis appel gemaak nie.

Belasting opinie

In die Thistle-saak het die trust staatgemaak op ‘n belasting opinie van ‘n prominente belasting kundige met betrekking tot die kapitaalwins implikasies op trust uitkerings. SARS het nie met die belastingposisie saamgestem nie en bykomende belasting gehef. Dit het ook ’n onderskattings boete op die vlak van 50% gehef.

In argumente voor die konstitusionele hof voer SARS aan dat die Hof fouteer het om die onderskattings boete tersyde te stel.

SARS hou vol met sy saak dat dit geregtig was om ’n onderskattings boete te hef aangesien daar geen onopsetlike fout was wat veroorsaak het dat die trust nie die kapitaalwins verklaar het nie.

SARS voer aan dat die feit dat Thistle op wyle advokaat Meyerowitz SC se mening staatgemaak het, beteken het dat dit “bewustelik en doelbewus” ‘n belastingposisie ingeneem het. Die gedrag was nie ’n onopsetlike fout nie.

Redelike gronde

Die Thistle Trust sê in sy opponerende beëdigde verklaring : “‘n Mening van senior advokaat is uiteraard redelike gronde om ‘n bepaalde posisie in te neem”.

Thistle voer aan dat om op te tree in ooreenstemming met advies van ‘n vooraanstaande senior advokaat wat spesialiseer in belasting reg en ‘n bekende skrywer “skaars kenmerkend is van onredelike gedrag”.

Thistle voer aan dat as die mening verkeerd was en Thistle fouteer het, die fout ‘n bona fide onbedoelde fout was, en dat geen onderskattings boete deur SARS gehef moes word nie.

Sonder duidelikheid van die Hof sal die uitdrukking “bona fide onopsetlike fout” altyd problematies wees.

Verskillende interpretasies

Die Hof se besluite lui basies dat indien ‘n belastingbetaler op ‘n mening of belastingadvies opgetree het en die mening of advies verkeerd was, daar geen onderskattings boete kan wees nie omdat die fout nie in kwade trou of doelbewus was nie. Dit is duidelik nie hoe SARS die wet interpreteer nie.

Dit blyk dat die SARS baie van belastingbetalers verwag. In sy kruis appèl voer SARS aan dat belastingbetalers nie “bloot advies kan aanvaar” sonder om hulself tevrede te stel met die redelikheid van sodanige advies nie.

SARS vra nou die Konstitusionele Hof om leiding te gee oor die mate waarin ‘n belastingbetaler op advies kan staatmaak om “aanspreeklikheid te vermy” van onderskattings boetes.

“Dit sal leiding gee aan die regsberoep in die algemeen gegewe die onsekerheid wat tans oor hierdie kwessies heers,” sê SARS in sy argumente voor die Konstitusionele Hof. “Bona fide onbedoelde fout” – is verwarrend, en sonder duidelikheid sal daar altyd onsekerheid heers.

Verwerk en saamgestel uit ‘n Moneyweb artikel.

 Alhoewel alle redelike pogings aangewend word om die akkuraatheid en deeglikheid van die inhoud van hierdie publikasie te verseker, sal nie die skrywers van die artikels of die uitgewer enige verantwoordelikheid dra vir die gevolge van enige aksies gebaseer op inligting of aanbevelings hierin vervat nie. Ons materiaal is vir inligtingsdoeleindes.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X