Kubermisdaad word meer gesofistikeerd. Deur besigheid e-posse te onderskep, bedrieg hulle jaarliks miljarde rande suksesvol.
Hoe werk dit?
- Bedrieërs sal ‘n e-posrekening “hack” deur “phishing”. Die slagoffer word mislei om hul gebruikersnaam en wagwoorde bekend te maak.
- Sodra bedrieërs toegang tot die e-posrekening het, sal hulle filter reëls opstel om e-posse wat verband hou met finansiële transaksies na hulle te herlei. Hulle verander dan die bankbesonderhede op fakture of in die e-pos.
- Bedrieërs sal dan vir hul teiken ‘n e-pos stuur wat voorgee dat dit van iemand is wat hulle ken. Die e-pos sal ‘n faktuur of inligting met bedrieglike bankrekening besonderhede bevat.
- Die teiken betaal dan die sogenaamde wettige faktuur, maar in die bedrieër se bankrekening.
Die huidige regs presedent bepaal dat die persoon wat die betaling maak, verantwoordelik is vir die verifiëring van die rekening besonderhede. As jy nie hierdie besonderhede geverifieer het nie, kan jy steeds aanspreeklik wees vir die wettige betaling – selfs al is die e-pos van die sender gekaap.
Hoe om hierdie soort bedrog te fnuik
- Maak seker dat jy twee stap-verifikasie (two-step verification) op al jou e-pos rekeninge opgestel het.
- As u vir die eerste keer bankbesonderhede ontvang, verifieer dit voordat u ‘n betaling doen. Soek die besigheid kontakbesonderhede aanlyn en skakel daardie nommer om die bankbesonderhede te verifieer.
- Omdat hulle die besigheid e-posrekening gekaap het, kan bedrieërs maklik op dieselfde e-posstring korrespondeer, moet dus nie aanvaar dat bankbesonderhede verander is nie.
Alhoewel alle redelike pogings aangewend word om die akkuraatheid en deeglikheid van die inhoud van hierdie publikasie te verseker, sal nie die skrywers van die artikels of die uitgewer enige verantwoordelikheid dra vir die gevolge van enige aksies gebaseer op inligting of aanbevelings hierin vervat nie. Ons materiaal is vir inligtingsdoeleindes.