Die bestuurder van Du Toit van den Heever op Kakamas, Diedie Esterhuysen, het onlangs die besluit geneem om af te skaal. Diedie skryf as volg:
“Goeie dag familie, vriende en sakevriende, dit is soos ek u graag wil aanspreek.
Daar kom ’n tyd in elke persoon se lewe om te begin werk en ’n tyd om op te hou. In hierdie geval wil ek nie ophou werk nie, maar wil graag afskaal ten opsigte my werk. Ek wil graag bietjie meer tyd spandeer aan myself en dit wat ook vir my belangrik is en terselfdertyd word mens mos ook nie jonger nie.
Ek het in Januarie 1974 by hierdie kantoor begin en trek nou by 2021, ’n hele aantal jare.
Deur die jare ontmoet jy baie kliënte wat vir jou soos familie word waarmee jy al ‘n baie lang pad stap. Elke kliënt wat ek ontmoet het, het ’n groot deel van my lewe uitgemaak en ook my lewe verryk.
Soos almal seker bewus is het Thinus le Roux, ou bekende, by ons kantoor aangesluit in Januarie 2021 en ons is baie opgewonde om hom in die Kakamas span te verwelkom.
Ons kliënte kan verseker wees van goeie en betroubare diens, ons sal u nie laat gaan sonder antwoorde of goeie diens nie.
Ek wil ook graag elke kliënt bedank vir die gees en respek waarmee ons met mekaar gewerk het tot op hede. Ons sal net voortbou op die stewige boustene.
Ek wil graag vir die direkteure van Du Toit van den Heever baie dankie sê vir die wyse waarop hul my hanteer en in soveel opsigte behandel het. Ek waardeer dit opreg!
Ons Hemelse Vader speel ‘n groot rol in my lewe en kan net elke dag dankie se vir elke pad wat Hy saam met my gestap het en nog sal stap.
Ek sê nie totsiens nie, maar skaal net bietjie af. Groete
Diedie”
Hierdie artikel is ʼn algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg van die gebruik van enige inligting vervat in hierdie artikel nie. Kontak altyd ʼn finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies. (E&OE)