Die program sal in twee fases uitgerol word, met bemarkers wat tot April 2027 die tyd het om hul databasisse skoon te maak.
Die Nasionale Opt-Out Register, gee Suid-Afrikaanse verbruikers ‘n gratis manier om ongevraagde kommunikasie van telebemarkers te stop. Dit sluit ongewenste direkte bemarking oproepe, SMS’e en ander elektroniese kommunikasie in.
Die register, bestuur deur die Nasionale Verbruikers kommissie (NCC), plaas ‘n verpligting op direkte bemarkers om op die stelsel te registreer en hul lys maandeliks te suiwer voordat enige direkte bemarking veldtog uitgevoer word. Dit is om te verseker dat verbruikers wat ‘n direkte bemarker geblokkeer het, nie ongewenste kommunikasie ontvang nie.
Volgens die reëls moet direkte bemarkers ook hul registrasie elke jaar hernu. ‘n Ongeregistreerde bemarker mag nie verbruikers kontak vir direkte bemarking doeleindes nie. Elke kommunikasie moet na die bemarker gekoppel kan word en sy naam, adres en kontaknommer insluit. Daar sal geen verborge nommers of onopspoorbare bronne wees nie.
Volgens Truecaller se 2026 Suid-Afrika “Spam” verslag het Suid-Afrikaners tussen Januarie en Junie 2026 17,47 miljard “Spam” of strooiposoproepe ontvang, ‘n styging van 25,2% teenoor dieselfde tydperk in 2025. “Spam” of Strooipos-SMS’e het met 58,9% toegeneem tot 3,71 miljard.
Fase 1: Registrasie
Die stelsel is op 15 September 2026 vir direkte bemarkers vir registrasie oopgestel en sal oop bly tot Desember 2026.
Fase 2: Reiniging
Die NCC sal direkte bemarkers vyf maande gee, van Desember 2026 tot April 2027, om hul bemarking lyste skoon te maak.
Blokkeer van strooiposoproepe
Vanaf Mei 2027, nadat die twee fases voltooi is, sal verbruikers wat op die “Opt-Out-register” geregistreer het, vooraf direkte bemarkers kan blokkeer om ongewenste kommunikasie te stuur.
Jy registreer op die Nasionale Verbruikers “Opt-Out Register” via die Nasionale Verbruikers kommissie se webwerf. Jy kan ‘n spesifieke direkte bemarker blokkeer of uitskakel oor die hele bedryf. Dit geld selfs al het ‘n verbruiker voorheen ingestem.
Hoe om te registreer:
Verbruikers het ‘n geldige e-posadres en ID-nommer nodig. Dié sonder e-posadresse kan die NCC se oproepsentrum kontak om hul profiele te laat skep. Verbruikers moet hul naam of name gebruik soos dit op hul ID-dokument verskyn.
Na registrasie sal verbruikers ‘n e-pos ontvang wat hul registrasie bevestig. Sodra dit geaktiveer is, sal die verbruiker ‘n ander e-pos ontvang wat ‘n gebruikersnaam en wagwoord bevat.
Verbruikers kan dan aanmeld en hul voorafgaande blok registreer, of onttrek. Verbruikers kan hul voorafgaande blok opsies te eniger tyd wysig. Veranderinge tree in werking 30 dae nadat hulle geregistreer is.
Bemarkers wat voortgaan om verbruikers te kontak nadat ‘n blok geplaas is, kan via die portaal aan die kommissie gerapporteer word.
Hoewel daar redelike pogings aangewend word om die akkuraatheid van die inhoud van hierdie publikasie te verseker, sal nie die skrywers van die artikels nie, sowel as die uitgewer, verantwoordelik wees vir enige gevolge wat voortspruit uit aksies wat gebaseer is op die inligting of aanbevelings wat hierin vervat is nie. Ons materiaal is net vir inligtingsdoeleindes.