DTVDH

By die opstel van jou Testament is een van die besluite wat jy moet neem, dié van die aanstelling van ‘n eksekuteur. ‘n Eksekuteur neem beheer oor jou finansiële sake en verseker dat uitvoering aan jou wense volgens jou testament gegee word na jou afsterwe. Dit noodsaaklik dat ‘n mens die omvang van die eksekuteur se werk ten volle verstaan voordat jy ‘n geskikte persoon vir die taak kies.

‘n Eksekuteur word deur die Meester van die Hooggeregshof aangestel ingevolge die Wet op die Administrasie van Boedels wat ook die regte en verantwoordelikhede van ‘n eksekuteur en sy/haar besoldiging uiteensit. As testateur kan jy ‘n eksekuteur in jou Testament nomineer, maar daardie benoeming moet steeds deur die Meester bevestig word deur die uitreiking van ‘n eksekuteursbrief.

Die Wet sit die vergoeding uiteen dat ‘n eksekuteur geregtig is om te hef. ‘n Fooi laer as die wettige tarief mag beding word met die eksekuteur. Tans is ‘n eksekuteur geregtig om tot 3.5% van die bruto waarde van bates in die boedel te hef, asook 6% op enige inkomste wat ná jou dood gevorder word.

Sodra die Meester die eksekuteursbrief uitgereik het, word die eksekuteur formeel gemagtig om namens jou bestorwe boedel op te tree en dit te administreer volgens die bepalings van die testament en heersende wetgewing. Dit sluit onder andere die volgende take in:

  • Om ‘n bankrekening in die naam van u oorlede boedel te open.
  • ‘n Inventaris van u bates en laste op te stel.
  • Die onderskeie banke en instellings van u afsterwe in kennis te stel.
  • ‘n Waardasie van u verskillende bates en laste te doen.
  • Om die nodige belasting-, boedel belasting en BTW opgawes in te dien.
  • Jou eksekuteur sal ook gereeld met die Meesterskantoor en SAID moet skakel en kommunikeer en navra van die kantore hanteer en verseker dat alle vorms betyds voltooi en ingedien word.
  • ‘n Likwidasie- en Distribusierekening (L&D-rekening) voorberei vir voorlegging aan die Meester wat ‘n redelik komplekse oefening kan wees.

Sodra die Likwidasie- en Distribusierekening gefinaliseer is, sal die eksekuteur verantwoordelik wees vir die vereffening van die boedelbelasting by die SAID, die betaling van alle boedelkoste en enige eise teen die boedel soos ‘n aanwas-eis deur jou langslewende gade. As daar likiditeitstekorte in jou boedel is, sal jou eksekuteur besluite moet neem oor die verkoop van sekere bates om die boedel se verpligtinge na te kom en sal hy/sy waarskynlik met jou erfgename en begunstigdes in hierdie verband moet skakel. As u in gedagte hou dat die meeste gesinne verhoudings dinamika en soms spanning het wat versigtig navigeer moet word, veral as emosies hoog loop, is dit raadsaam om ‘n eksekuteur aan te stel wat hierdie verhoudings met selfvertroue kan navigeer en effektief kan kommunikeer.

Benewens die sterk finansiële-, belasting kennis, ‘n goeie begrip van die wetgewende omgewing en uitstekende administratiewe vaardighede, is dit raadsaam dat u genomineerde eksekuteur heeltemal onpartydig bly en te alle tye in die beste belang van u bestorwe boedel kan optree.

Kontak gerus enige van ons direkteure indien u die onderwerp met ons verder sou wou bespreek.

Hierdie artikel is ‘n algemene inligtingstuk en moet nie as professionele advies gebruik of staatgemaak word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of vir enige verlies of skade wat voortspruit uit vertroue op enige inligting hierin nie. Kontak ons vir spesifieke en gedetailleerde advies. Foute en weglatings uitgesonder (E&OE).

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X