Kuberaanvallers word slimmer en probeer nuwe kwaadwillige maniere om jou inligting en geld te teiken. Ons het reeds vroeg in die jaar vals “phishing” eposse ontvang wat lyk of dit van verskaffers, SARS en banke af kom. Die 5 wenke hieronder kan help as ‘n voorsorgmaatreël om jou veilig te hou:
- Gebruik sterk wagwoorde en multifaktor-verifikasie
Verander jou wagwoord gereeld deur gebruik te maak van wagfrase, nommers en spesiale karakters, asook die gebruik van multifaktor-verifikasie waar moontlik. Dit beteken dat enige aanteken, e-pos of webwerf aanteken jou ideaal moet vra vir magtiging met ‘n eenmalige PIN (OTP) wat na jou selfoon gestuur word, as ‘n bykomende vorm van verifikasie.
- Wees versigtig met elektroniese kommunikasie, skakels en betalings
Dink voordat u klik – wees versigtig vir onbekende e-posse, telefoonoproepe en boodskappe. Moenie nuuskierig wees en op onbekende skakels klik nie. As jy nie lotto gespeel het nie kon jy nie wen nie – ignoreer dus die prysgeld wat jy “gewen” het!
Kommunikasie (insluitend bewys van bankbesonderhede en betalings of transaksie kennisgewings) kan onderskep en verander word. Verifieer bankbesonderhede telefonies voordat u betaling doen. Moenie net staatmaak op die besonderhede wat in die e-pos gedeel word nie, aangesien dit maklik in vervals kan word.
Gaan die besonderhede van die sender noukeurig na. Banke en SARS sal byvoorbeeld nie vir jou ‘n epos vanaf ‘n adres soos @gmail.com/@webmail.com/@hotmail.com stuur nie. Wanneer jy jou muis oor die adres hou vertoon die werklike en hele adres gewoonlik.
- Gebruik u toestelle veilig
Vermy openbare “wi-fi hotspots”, installeer programme uit betroubare bronne en hou u toestelle en antivirusprogrammatuur op datum om te verseker dat u die nuutste beskerming het.
- Maak gereeld ‘n rugsteun van u data
As jy ‘n slagoffer van “ransomware” of “malware” word, is die enigste manier om jou data te herstel om jou stelsel uit te vee en dit te herstel met ‘n onlangse rugsteun (“Cloud”-rugsteun soos Microsoft OneDrive, Apple iCloud of Google Drive is goeie opsies).
Hierdie artikel is ‘n algemene inligtingsblad en moet nie as regs- of ander professionele advies gebruik of vertrou word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of vir enige verlies of skade wat voortspruit uit vertroue op enige inligting hierin nie. Kontak altyd u adviseur vir spesifieke en gedetailleerde advies. Foute en weglatings behalwe (E&OE).