Met die onlangse brand op Tafelberg wat ‘n kabinetsminister se huis asook die UCT Jager-biblioteek (wat historiese dokumente en boeke gehuisves het) en Mostert ‘s Meul (die oudste oorlewende windmeul in SA) vernietig het, het die verwoesting wat ‘n brand kan veroorsaak, aan die voorpunt van talle eiendoms eienaars se aandag gebring.
Dit kom net 4 jaar ná die verwoestende veldbrande wat in 2017 oor Knysna en die Helderbergkom versprei het.
Huiseienaars en inwoners moet waaksaam wees wanneer dit kom by die beskerming van hul huise teen die gevare van brande. Dit beteken dat u die nodige veiligheids voorsorgmaatreëls in eie hande moet neem.
Deur die riglyne hieronder te volg, sal jy die risiko verminder dat ‘n brand na jou eiendom versprei.
Assesseer die groter risiko
Evalueer die moontlike gevaargebiede, veral die plantegroei wat jou huis omring (binne en buite jou erf). Om langs ‘n veld of natuurreservaat te woon, waar natuurlike plantegroei volop is, sal die risiko vergroot, en so ook jou verdedigings plan moet verbeter.
Wanneer jy langs ‘n swaar geplante gebied woon, is dit verstandig om in kontak te wees met die grondeienaars wat verantwoordelik is vir die gebied, in ‘n poging om die om die moontlike verspreiding van vuur langs jou eiendom te inhibeer. In hierdie gevalle is dit ook raadsaam om deel van die gemeenskap te word om te verseker dat jy ‘n aktiewe deel van die verdediging kan word wanneer ‘n brand wel uitbreek.
Verminder die verspreiding
Jou volgende stap is om ‘n verdedigbare ruimte rondom jou eie huis te skep. Dit kan gesien word as ‘n kleiner weergawe van die brandstrook wat in die landbou gebruik word, waar ‘n doelbewuste gaping tussen een gebied en ‘n ander geskep word en die maklike verspreiding inhibeer waarmee ‘n brand na ‘n naburige gebied kan versprei.
Om jou te help om so ‘n semi-“firebreak” te skep, moet jy enige voorwerpe skoonmaak wat brandstof vir ‘n vuur kan word, soos droë plantegroei en hout hope. Dit beteken ook dat enige droë plantegroei en tuinmaak vullis (soos blare en droë gras) verwyder moet word van die omtrek van jou eiendom.
Jy moet verseker dat gebiede onder dekke of balkonne gereeld skoongemaak word om die opeenhoping van vlambare voorwerpe te vermy. Dieselfde geld vir geute wat gereeld skoongemaak moet word van takke en blare.
Terwyl die meeste dak materiaal wat in Suid-Afrika gebruik word nie vlambaar is nie, moet jy verseker dat jou dak behoorlik verseël is sodat kole nie by jou huis kan inwaai nie.
In geval van brand
Wanneer ‘n brand in die omgewing uitbreek, is ‘n voorsorgmaatreël wat jy kan neem, om jou dak nat te maak, jou afvoerpype te blokkeer en jou geute met water te vul. Vervolgens moet jy al jou vensters en deure sluit om te verseker dat enige kole buite bly en nie by jou huis in waai nie. Om in hierdie situasies as ‘n gemeenskap bymekaar te kom en saam te werk om die verspreiding van die vuur te inhibeer kan die verskil wees wat talle huise en lewens red.
Hierdie artikel is ʼn algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg van die gebruik van enige inligting vervat in hierdie artikel nie. Kontak altyd ʼn finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies. (E&OE)