Minister van Finansies, Tito Mboweni, het sy tweede Nasionale begrotingstoespraak op 26 Februarie 2020 gelewer. Ten spyte van die uitdagende Fiskale en makro-ekonomiese klimaat, was sy boodskap duidelik: “Ons ekonomie het voorheen gewen, en dit sal weer wen.” In die 2020 Begrotingsrede, is op die volhoubaarheid en die toekoms van die Suid-Afrikaanse ekonomie klem gele.
Belastingskale
Individue | |
Belasbare inkomste | Belastingkoers |
0 – R205 900 | 18% van belasbare inkomste |
R205 901 – R321 600 | R37 062 + 26% van belasbare inkomste bo R205 900 |
R321 601 – R445 100 | R67 144 + 31% van belasbare inkomste bo R321 600 |
R445 101 – R584 200 | R105 429 + 36% van belasbare inkomste bo R445 100 |
R584 201 – R744 800 | R155 505 + 39% van belasbare inkomste bo R584 200 |
R744 801 – R1 577 300 | R218 139 + 41% van belasbare inkomste bo R744 800 |
R1 577 301 en meer | R559 464 + 45% van belasbare
inkomste bo R1 577 300 |
Die primêre korting vir belastingbetalers onder 65 jaar is R14 958, die sekondêre korting vir belastingbetalers van 65 jaar en ouer is R8 199 en die tersiêre korting vir belastingbetalers van 75 jaar en ouer is ’n addisionele R2 736. Dit beteken die belastingdrempel styg tot R83 100 vir persone van 65 en jonger, R128 650 vir persone van 65 en ouer en R143 850 vir belastingbetalers van 75 jaar en ouer.
Dividend belasting en rentevrystelling
Dividend belasting is onveranderd op 20%.
Die rente vrystelling bly R23 800 vir belastingbetalers wat jonger as 65 is, en R34 500 vir belastingbetalers van 65 jaar en ouer.
Kapitaalwinsbelasting (KWB)
Geen verandering.
“Winning requires hard work, focus, time, patience and resilience.”
Korporatiewe inkomstebelasting
Die belastingskale van klein sakeondernemings is effens aangepas, terwyl die belastingkoerse van alle ander maatskappye onveranderd bly. Om ekonomiese groei te bevorder, beoog die regering om die korporatiewe inkomste belastingstelsel oor die medium termyn te herstruktureer en die korporatiewe inkomstebelasting koers te verminder. Korporatiewe belastingkoers verlagings sal op ’n inkomste-neutrale wyse in werking gestel word. Maatskappye sal aangeslane belastingverliese teen hoogstens 80% van die huidige jaar se winste kan aftrek. Dit sal beteken dat minstens 20% van ’n maatskappy se inkomste belasbaar is, ongeag vorige aangeslane verliese. Daar is ‘n voorstel dat netto rentekoste-aftrekkings tot 30% van verdienste beperk word vir jare van aanslag wat op of na 1 Januarie 2021 begin.
Hereregte
Verligting word verskaf op hereregte van toepassing op eiendom wat deur enige natuurlike persoon (maatskappye, beslote korporasies en trusts ingesluit) verkry word.
Hereregte | |
Eiendom waarde | Hereregte koers |
0 – R1 000 000 | 0% van eiendoms waarde |
R1 000 001 – R1 375 000 | 3% op die waarde bo
R1 000 000 maar nie meer as R1 375 000 nie |
R1 375 001 – R1 925 000 | R11 250 plus 6% op die
waarde bo R1 375 000 maar nie meer as R1 925 000 nie |
R1 925 001 – R2 475 000 | R44 250 plus 8% op die
waarde bo R1 925 000 maar nie meer as R2 475 000 nie |
R2 475 001 – R11 000 000 | R88 250 plus 11% op die
waarde bo R2 475 000 maar nie meer as R11 000 000 nie |
R11 000 001 en meer | R1 026 000 plus 13% op die
waarde bo R11 000 000 |
Mediese belastingkrediete
Die belasting krediet vir die eerste twee afhanklikes styg tot R319, en vir addisionele afhanklikes word dit verhoog tot R215.
Belastingvrye spaarrekeninge
Die maksimum jaarlikse bydrae tot belastingvrye spaarrekeninge styg tot R36 000 per jaar.
Bestaanstoelae
Die daaglikse bestaanstoelae styg tot R452 per dag vir etes en toevallige koste, en R139 per dag vir toevallige koste.
Trusts
Geen verandering.
BTW-koers
Geen verandering.
Boedelbelasting en skenkings
Geen verandering.
Vrystelling van buitelandse salarisse
Vanaf 1 Maart 2020, indien ’n Suid-Afrikaner meer as 183 dae per jaar in die buiteland werk, is die eerste R1 250 000 van hul buitelandse salaris van belasting vrygestel.
Valutabeheermaatreëls
As gevolg van die wysigings aan die inkomstebelasting hantering van Suid-Afrikaanse belastingpligtiges wat inkomste van buite Suid-Afrika ontvang, word voorgestel dat die valutabeheer op natuurlike persone geskrap word, terwyl belastingmaatreëls verskerp word. Natuurlike persone sal nou meer as R10 miljoen per jaar oorsee kan belê, onderhewig aan oudits en assesserings. Dit sal infaseer word vanaf 1 Maart 2021.
Motorvoertuig-uitgawes
Die aftrekbare vaste koste-uitgawe is ietwat verlaag, maar brandstof- en onderhoudskoste is verhoog om tred te hou met hoër brandstof- en onderhoudskoste.
“Mr President, you have directed your Government to deal with wasteful expenditure. This is a vital step in restoring the confidence of the public in the Government. We must get more value for our money.”
Hierdie artikel is ’n algemene inligtingsblad en moenie as professionele advies gebruik of vertrou word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings, of vir enige verlies of skade wat voortspruit uit vertroue op enige inligting hierin nie. Behoudens foute en weglatings (BFW).