DTVDH

Jy het dalk mediaberigte gesien oor die uitfasering van die ou groen strepieskode-ID-boek. Ons wil jou die volgende opsomming gee gebaseer op nuusartikels.

Suid-Afrikaners sal tyd gegun word om na die nuwe slim-ID-kaart oor te skakel. Die Departement van Binnelandse Sake het sy pogings verskerp om die groen ID-boeke uit te faseer deur aansoek punte vinnig uit te brei deur ‘n nuwe digitale vennootskap met groot Suid-Afrikaanse banke. Die departement se plan is om teen laat 2026 meer as 1000 aansoek punte (insluitend takke vir Binnelandse Sake) te hê.

Die departement sal voor die tyd ‘n redelike sperdatum vir die uitfasering van die groen ID-boek moet aankondig. Ten tyde van die versending van hierdie nuusbrief is daar geen kennisgewing in die Staatskoerant gepubliseer nie.

As jy of enige personeellid:

  • Steeds ‘n groen ID-boek besit, oorweeg dit asseblief om proaktief aansoek te doen vir ‘n Smart ID-kaart. Die slim-ID-kaart is veiliger, minder kwesbaar vir identiteitsbedrog en is die regering se beoogde vervanging van die groen ID-boeke.
  • Wanneer ‘n groen ID-boek of slim-ID-kaart as verlore/gesteel by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aangemeld is, dan word dit aangeraai om so gou moontlik aansoek te doen vir ‘n nuwe slim-ID aangesien jou ID as ongeldig op die Departement van Binnelandse Sake rekords gemerk sal word en jy sal dit nie kan gebruik deur ‘n kopie as bewys van identiteit aan te bied nie.

Onthou dat CIPC en die uitreikings datum van jou ID toets en slegs die nuutste weergawe aanvaar vir die indien van jaarlikse CIPC en BO opgawes (voordelige eienaarskap opgawes). Dit is dus belangrik dat jy ons van ‘n afskrif van die nuutste weergawe van jou ID voorsien.

Alhoewel alle redelike pogings aangewend word om die akkuraatheid en deeglikheid van die inhoud van hierdie publikasie te verseker, sal nie die skrywers van die artikels of die uitgewer enige verantwoordelikheid dra vir die gevolge van enige aksies gebaseer op inligting of aanbevelings hierin vervat nie. Ons materiaal is vir inligtingsdoeleindes.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X