BELASTINGSKULD EN AFBETALINGSOOREENKOMSTE
Om by iemand in die rooi te wees is vir meeste ’n onaangename ervaring, veral as die skuldeiser die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (die SAID) is. Omstandighede lei egter soms na gevalle waar ’n belastingpligtige agter raak met bedrae wat aan die SAID verskuldig is. Ons ondervind egter dat die SAID se skuldinvorderaars (intern en nuut-aangestelde eksterne […]