DIE GEVOLGE VIR INKOMSTEBELASTING VAN ’N VERANDERING VAN VOORNEME IN DIE WYSE WAAROP BATES GEHOU WORD
Die onderskeid tussen bedrae van ’n kapitale aard wat ontvang word in teenstelling met ontvangste van ’n inkomste-aard, is noodsaaklik vir inkomstebelastingdoeleindes. Nie-kapitaalbedrae wat ontvang word, soos uit die verhandeling van handelsvoorraad, is onderhewig aan belasting teen ’n hoër effektiewe koers vergeleke met kapitaalwinste. Die primêre voorneme met die aanskaf van ‘n bate is in […]