“UITGANGSKOSTE” MET BEËINDIGING VAN BELASTINGINWONERSKAP
Suid-Afrikaanse wetgewende gevolge van die staking van verblyf in Suid-Afrika Artikel 9H van die Wet op Inkomstebelasting handel oor aangeleenthede rakende die beëindiging van inwonerskap in Suid-Afrika. In hierdie artikel word in wese gesê dat indien ’n persoon wat ’n inwoner is, gedurende enige jaar van aanslag ophou om ’n inwoner te wees, die persoon behandel moet word asof hy van sy bates ontslae geraak het op die datum onmiddellik voordat hy sy […]