DTVDH

SARS het onlangs sekere stelsel en administratiewe wysigings aan hul stelsels aangebring wat alle belastingbetalers raak.

Belastingbetalers ontvang nou kennisgewings en afskrifte korrespondensie van enige en alle interaksies tussen ons as u belasting praktisyn en SARS. Alle korrespondensie word steeds aan ons as belasting praktisyns gestuur, maar die belastingpligtige ontvang ook ‘n afskrif. Geen opgawes kan ingedien word as die volle kontakbesonderhede van die belastingpligtige nie verskaf word nie. Ons ervaar ook dat SARS in sommige gevalle die belastingpligtige telefonies kontak om sekere inligting te verifieer.

Daar is ook ‘n aansienlike toename in die hoeveelheid belastingfakture wat deur SARS telefonies verifieer word. BTW verifikasies is aan die orde van die dag en as deel daarvan kontak SARS belastingpligtiges om te bevestig dat belastingfakture wel deur hul uitgereik is en ook om die inhoud en omvang van die fakture te bevestig.

Alhoewel alle redelike pogings aangewend word om die akkuraatheid en deeglikheid van die inhoud van hierdie publikasie te verseker, sal nie die skrywers van die artikels of die uitgewer enige verantwoordelikheid dra vir die gevolge van enige aksies gebaseer op inligting of aanbevelings hierin vervat nie. Ons materiaal is vir inligtingsdoeleindes.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X