DTVDH

Ons onthou die buiten gewone, beter as die gewone, iets wat teen die grein gaan en ons denke net lang genoeg onderbreek om plek daarvoor te maak in ons permanente geheue.

Hierdie menslike eienskap word miskien nie genoeg in die gebied van sake leierskap gebruik nie. Ja, werknemers word ietwat gemotiveer deur hulle behoefte om ‘n bestaan te maak, maar wanneer dit kom by die neem van moeilike besluite of dapper optrede is ‘n salaris nie genoegsame motivering nie.

Meer motiverend is die idee van deel wees van ‘n span – ‘n span wat ‘n verskil maak. Ons hou nie daarvan om mense in die steek te laat wat van ons afhanklik is nie, veral wanneer hulle vir ons omgee. Daardie gevoel van “belonging” binne ‘n span, kom nie van self nie. Dit ontwikkel uit klein, buiten gewone oomblikke tussen mense. Dit gaan oor verhoudings.

Hoe? Deur teen die grein te gaan.

  • Bou verhoudinge

Sommige van jou werknemers sal familie ondersteun wat werk hul verloor het, ander treur dalk oor ‘n geliefde, en baie sal vrees vir hul eie welsyn. Om hierdie laste alleen te dra, is aftakelend. Hulle sal nooit die verligting vergeet om hul probleme veilig met leiers by die werk te deel nie. Maak dit moontlik.

  • Vertrou meer

Om geen beheer te hê nie, veroorsaak vrees. Gee u werknemers meer beheer oor wat hulle in die werksomgewing doen en u sal ‘n element van beheer in hul lewens herinstel om angs te verlig en produktiwiteit te verhoog.

  • Verander wat jy kan – maak ‘n verskil

Moenie optimisties wees dat verandering sal kom nie – wees optimisties dat jy verandering kan bring. Om deel van die oplossing te wees, sal hulle nie net trots maak nie, maar ook ‘n voorbeeld stel vir hulle om agente van positiewe verandering in jou besigheid en in ons direkte gemeenskappe te word.

  • Maak tyd vir jouself

Daar is baie eienskappe wat ‘n leier moet hê. Van die belangrikste is konsekwentheid en vind van oplossings. Dit is nie maklik om uit te straal as jy nie slaap, oefen, goed eet en tyd saam met geliefdes spandeer nie. Die vorming van kragtige verbindings met jou werknemers sal gebeur wanneer jy jou beste self is, so maak tyd vir die dinge wat jou in staat stel om op jou beste te funksioneer.

Bronne:

  • Annabel Bishop, hoof ekonoom Investec – Investec Privaat Bank Nuusbrief

Hierdie artikel is ‘n algemene inligtingstuk en moet nie as regs- of ander professionele advies gebruik of staatgemaak word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of vir enige verlies of skade wat voortspruit uit vertroue op enige inligting hierin nie. Kontak  altyd jou finansieel adviseur vir spesifieke en gedetailleerde advies. Foute en weglatings uitgesonder (E&OE).

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X