Belangrike opdatering vir Suid-Afrikaanse individue wat buitelandse oordragte en beleggings beplan
Suid-Afrikaanse inwoners het toegang tot jaarlikse buitelandse valuta-toelaes wat gebruik kan word vir internasionale betalings, buitelandse beleggings, reis, geskenke, studieverwante uitgawes en ander goedgekeurde doeleindes. Die jongste 2026-opdaterings maak dit belangrik om vooruit te beplan, die perke te verstaan, en die korrekte ondersteunende dokumente voor te berei voordat fondse oorgedra word.
Belangrike opdatering in ‘n oorsig
- Enkel Diskresionêre Toelae: Tot R2 miljoen per kalenderjaar vir kwalifiserende individue van 18 jaar en ouer. (R400 000 per kalenderjaar vir kinders wat internasionaal reis)
- Buitelandse Beleggings toelae / Kapitaaltoelae: Tot R10 miljoen per kalenderjaar, onderhewig aan goedkeuring van SARS klaringsertifikaat status.
- Totale potensiële jaarlikse buitelandse toelaag: Tot R12 miljoen wanneer albei toelaes korrek gebruik word.
- Tydsberekening maak saak: Hierdie toelaes word per kalenderjaar toegestaan, so vroeë beplanning kan help om vertragings te voorkom.
1. Enkel Diskresionêre Toelae
Die Enkel Diskresionêre Toelae, of SDA, laat Suid-Afrikaanse individue toe om tot R2 miljoen oorsee in ‘n kalenderjaar oor te dra sonder om eers ‘n buitelandse belasting klaringsertifikaat te bekom. Hierdie toelae is nuttig vir daaglikse internasionale behoeftes en kleiner buitelandse beleggings.
Algemene gebruike sluit in:
- Reis en oorsese besteding
- Geskenke, skenkings en familie-oordragte
- Studietoelae en onderwys verwante betalings
- Buitelandse spaargeld of beleggings
- Internasionale kaart betalings en goedgekeurde buitelandse betalings
2. Buitelandse Beleggings toelae / Kapitaaltoelae
Die Buitelandse Beleggings toelae, ook bekend as die Kapitaaltoelae, laat kwalifiserende individue toe om tot R10 miljoen oorsee in ‘n kalenderjaar oor te dra. Anders as die SDA, vereis hierdie toelae goedkeuring van SARS voordat die oordrag kan voortgaan.
Hierdie toelae word algemeen gebruik vir groter buitelandse beleggings, internasionale portefeuljes, buitelandse eiendoms aankope en ander kapitaaloordragte buite die Gemeenskaplike Monetêre Gebied.
Dokumente om voor te berei
Voordat jy aansoek doen vir goedkeuring of ‘n gemagtigde handelaar inlig, maak seker jou dokumentasie is volledig en op datum. Afhangend van die bron van fondse, kan jy gevra word vir:
- Suid-Afrikaanse ID of paspoort en bewys van verblyf
- Bewys van die bron van fondse
- Doel van oordrag en begunstigde besonderhede
- Buitelandse bankrekening besonderhede
- Bankstate, beleggings state of verkoop dokumentasie
- Belasting nakomings status dokumentasie, waar vereis
Bron van Fondse Kontrolelys
Bron van fondse |
Tipiese ondersteunende dokumente |
| Spaargeld of kontant | Onlangse bankstaat en bewyse wat wys hoe die fondse opgehoop is. |
| Trust verdeling | Trustakte, trust notule, trust bankstaat, belastingbetaler-bankstaat en die nuutste trust finansiële inligting. |
| Donasie | Donasie verklaring, skenker- en ontvanger bankstate, en bewys van donasiebelasting betaling waar van toepassing. |
| Erfenis | Finale likwidasie- en distribusierekening, eksekuteursbrief en bankstaat wat die ontvangde erfenis weerspieël. |
| Verkoop van eiendom | Bevestiging van die transport prokureur, bewys van opbrengs, verdeling van opbrengste waar dit gesamentlik besit is, en berekening van kapitaalwinsbelasting. |
| Verkoop van aandele of sekuriteite | Portefeulje staat en kapitaalwins belastingberekening by die verkoop. |
Praktiese reëlings
Alle buitelandse oordragte moet deur ‘n gemagtigde handelaar verwerk word, gewoonlik ‘n bank of goedgekeurde buitelandse valuta verskaffer. Vereistes kan wissel afhangende van die aard van die betaling, die bron van fondse en of die oordrag onder die SDA of die Buitelandse Beleggings toelae val.
Wenk: Begin vroeg om dokumente voor te berei, veral vir groter kapitaaloordragte, trust verdelings, erflatings, eiendoms verkope of aandele verkopings. Volledige dokumentasie kan vertragings verminder en die kans op ‘n gladde goedkeuringsproses verbeter.
Het jy hulp nodig?
As jy beplan om fondse oorsee oor te dra, hersien jou beskikbare jaarlikse toelaes, bevestig of belastingklaring vereis word, en versamel die regte ondersteunende dokumente voordat jy met die proses begin. Professionele leiding kan help om te verseker dat jou oordrag doeltreffend hanteer word en in lyn is met Valuta beheer en belasting vereistes.
Alhoewel alle redelike pogings aangewend word om die akkuraatheid van die inhoud van hierdie publikasie te verseker, sal nóg die skrywers van artikels nóg die uitgewer enige verantwoordelikheid dra vir die gevolge van enige aksies gebaseer op inligting of aanbevelings hierin. Die materiaal is vir inligtingsdoeleindes.