Wanneer dit kom by die welsyn van ’n besigheid, is rekeningkunde bo-aan die lys. Sonder behoorlike rekeningkunde, loop ’n besigheid die risiko om alles te verloor. Die volgende is ’n paar beste praktyke, wat noodsaaklik is vir besighede om van kennis te neem.
- Merk dit eerste op jou lysie af
Behoorlike rekeningkunde moet van die begin af ’n prioriteit wees. Benewens die feit dat akkurate boeke van kritieke belang vir jou finansiële gesondheid en sukses is, sal dit net komplekser raak langs die pad vorentoe as jy aanhou uitstel.
- Fokus jou tyd en energie waar dit nodig is
Alhoewel daar ’n tydperk kan wees wat jy verantwoordelik is vir ’n breë verskeidenheid rolle, moet jy tyd neem om te evalueer waar jou vaardighede die meeste benodig en die beste gebruik word. Die kanse is dat dit nie die rekeningkundige departement is nie… identifiseer wat jy moet doen om seker te maak jou tyd word effektief en doeltreffend bestee.
- Kry die regte sagteware
Sonder die regte sagteware, sal dit moeilik wees om tred te hou met wat in jou besigheid aangaan. Daar is baie dienste daar buite om jou te help om jou finansies – betalings, fakture, betaalstaat en belasting – georganiseerd en onder beheer te hou. Identifiseer watter gereedskap jy benodig vir jou besigheidsaktiwiteite en kyk na verskillende opsies, terwyl jy jou besigheidsgrootte, die groeikoers en ligging in ag neem.
- Moet nooit oorbestee nie
Net omdat ’n sagtewarepakket die gesofistikeerdste en duurste is, beteken nie noodwendig dat dit die regte sagteware vir jou besigheid is nie. Baie klein besighede benodig nie besigheidsvlak-dienste nie. Verder, meer ingewikkelde sagteware beteken vir jou niks as jy nie weet hoe om dit ten volle te benut nie.
- Stel ’n professionele persoon aan
As jy nie vertroud is met rekeningkundige prosesse nie en seker is dat jy nie weet wat jy doen nie, is dit die beste opsie om ’n professionele persoon aan te stel om die werk vir jou af te handel. Dit is een area waar jy nie kan bekostig om te leer deur middel van probeer-fouteer nie.
Hierdie artikel is ’n algemene inligtingblad en moenie op staatgemaak word as regsadvies of ander professionele advies nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings, of verlies of skade wat voortspruit uit staatmaking op enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd jou regsadviseur vir spesifieke en gedetailleerde advies. Behoudens foute en weglatings (BFW).