Dit is ‘n gegewe dat almal iewers belasting sal betaal, ongeag hoe haarfyn jou beplanning is.
Daar is ‘n diverse verskeidenheid produkte, strategieë en instrumente waarvolgens doeltreffende belastingbeplanning oor jou leeftyd gedoen kan word om te verseker dat jou bates groei terwyl voorsiening ook gemaak word vir boedelbelasting sou jy tot sterwe kom.
‘n Trust is ‘n nuttige instrument om te gebruik in jou soeke na doeltreffende belastingbeplanning. Die aankoop van bates, met langtermyn groei potensiaal, binne ‘n trust verseker dat die bate groei binne in die trust en nie in jou boedel nie. Daar moet wel deeglik aandag geskenk word aan artikel 7C van die Inkomstebelastingwet wat van toepassing is op gelde wat rentevry aan trusts gemaak word deur trustbegunstigdes om bates aan te koop.
‘n Trust bied aan die oprigter ‘n nuttige instrument om bates te beskerm en te behou tot die voordeel van die erfgename van die oprigter, die oprigting kan die bates deur trustees, beide verwante en onafhanklike persone, sodanig laat bestuur dat daar deur generasies voldoende voorsiening gemaak kan word vir die nasate van die oprigter. Die beperkte insae van begunstigdes in die besluitnemingsproses kan verhoed dat partye met lang vingers die trust se bates vir hul eie gewin in te palm.
Hierdie artikel is ’n algemene inligtingsblad en moenie as professionele advies gebruik of vertrou word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings, of vir enige verlies of skade wat voortspruit uit vertroue op enige inligting hierin nie. Behoudens foute en weglatings (BFW).