SAID BEWARINGSTYDPERKE: HOU U U BELASTINGDOKUMENTE LANK GENOEG?

Hoe lank moet ek my belastingdokumente behou? Wanneer mag ek ou belastingdokumente vernietig? Wat gebeur as SAID dokumente ter bewys aanvra en ek dit nie meer het nie? Spesifieke belastingwette bepaal sekere verpligtinge rakende die bewaringstydperke van belastingdokumente. Hierdie artikel bespreek die bewaringsgtydperke soos in die Wet op Belasting-Administrasie (BA-Wet) uiteengesit.

Wie moet rekord hou van belastingdokumente?

Die volgende persone moet belastingdokumente behou:

  • Enigeen wat ‘n belastingopgawe ingedien het;
  • ‘n Persoon wat ‘n belastingopgawe moes indien, maar nie het nie;
  • Enige persoon wat nie verplig was om ‘n belastingopgawe in te dien nie, omdat hul vrygestelde inkomste verdien het of hul belasbare inkomste onder die belastingperk was.

Hoe lank moet dokumente behou word?

‘n Belastingbetaler wat ‘n belastingopgawe ingedien het, moet die relevante dokumente vir vyf jaar na die indieningsdatum behou.

Wanneer ‘n persoon ‘n belastingopgawe moes indien, maar versuim het om dit te doen, moet hulle die belastingdokumente behou totdat die opgawe ingedien is. Die dokumente moet vir vyf jaar na die datum van indiening behou word.

Indien ‘n persoon nie verplig was om ‘n belastingopgawe in te dien nie, omdat hul inkomste óf vrygestel is óf onder die belastingperk was, moet sodanige persoon hul belastingdokumente vir vyf jaar na die laaste dag van die relevante belastingtydperk behou.

Wanneer ‘n persoon óf bewus is daarvan óf in kennis gestel is dat hul belastingdokumente geouditeer of ondersoek gaan word, moet sodanige dokumente vir die langste van die volgende tydperke behou word:

  • Vyf jaar vanaf die datum van indiening van ‘n opgawe indien ‘n opgawe ingedien is;
  • Vyf jaar vanaf die einde van die belastingtydperk indien die belastingbetaler nie verplig was om ‘n opgawe in te dien nie; of
  • Totdat die oudit of ondersoek afgehandel is.

Wanneer ‘n belastingbetaler beswaar of appèl aanteken teen die aanslag van ‘n belastingopgawe of ‘n besluit gemaak deur SAID in terme van die BA-Wet, moet die relevante dokumente vir die langste van die volgende tydperke behou word:

  • Vyf jaar vanaf die datum van indiening van ‘n opgawe indien ‘n opgawe ingedien is;
  • Vyf jaar vanaf die einde van die belastingtydperk indien die belastingbetaler nie verplig was om ‘n opgawe in te dien nie; of
  • Totdat die aanslag of besluit afgehandel is.

In watter formaat moet dokumente behou word?

Belastingdokumente kan óf in hul oorspronklike vorm behou word, ‘n vorm wat deur ‘n senior SAID-beampte gemagtig is vir ‘n spesifieke belastingbetaler op versoek van die belastingbetaler, óf die vorm wat in ‘n openbare kennisgewing deur die Kommissaris voorgeskryf is.

Wat gebeur as dokumente nie behou is nie?

In terme van die BA-Wet het ‘n belastingbetaler ‘n kriminele oortreding begaan indien hy versuim het om die nodige belastingdokumente te behou, en kan hy ook aanspreeklik wees vir ‘n administratiewe nie-nakomingsboete.

SAID-inspeksies

Belastingbetalers word deur die wet verplig om belastingdokumente in Suid-Afrika beskikbaar te hê vir inspeksie deur SAID. Die SAID mag belastingdokumente onaangekondig inspekteer om vas te stel of die nodige dokumente vir die spesifieke bewaringstydperke behou is. Dokumente moet in ‘n veilige plek en op ‘n geordende wyse bewaar word, en moet beskikbaar wees vir ‘n inspeksie, oudit of ondersoek deur die SAID.

Hierdie artikel het die algemene bewaringstydperke vir belastingdokumente, soos in die BA-Wet uiteengesit, bespreek. Die spesifieke belastingdokumente wat behou moet word om aan SAID se vereistes te voldoen, word in die onderskeie belastingwette, bv. die Inkomstebelastingwet of die Wet op BTW gespesifiseer. Vir meer inligting rakende watter spesifieke dokumente behou moet word, kan u die relevante wette of u belastingpraktisyn raadpleeg.

Hierdie artikel is ʼn algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg  van die gebruik van enige inligting vervat in hierdie artikel nie. Kontak altyd ʼn finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies. (E&OE) 

Verwysingslys:

Die onderstaande dokumente wat geraadpleeg is met die skryf van hierdie artikel was in Engels beskikbaar. Die Afrikaanse titels hieronder is direk vertaal vanaf die Engelse titels. Die oorspronklike Engelse titel vir elke dokument verskyn in hakies na die Afrikaanse ekwivalente titel.

Toegang verkry op 23 Augustus 2015:

  • SAICA Gids oor die Behoud van Dokumente (Opgedateer Oktober 2013) (SAICA Guide on the Retention of Records (Updated October 2013)

Toegang verkry op 2 September 2015:

  • SAID Kortgids tot die Wet op Belasting-Administrasie, 2011 (Wet Nr. 28 van 2011) – SAID Weergawe 2 (SARS Short Guide to the Tax Administration Act, 2011 (Act No. 28 of 2011) – SARS Version 2)
Posted in Tax | Tagged , , | Comments Off on SAID BEWARINGSTYDPERKE: HOU U U BELASTINGDOKUMENTE LANK GENOEG?

DIE SKAKEL TUSSEN KWB EN INKOMSTEBELASTING

Die benaming “Kapitaalwinsbelasting” (KWB) skep soms die indruk dat KWB ’n aparte belasting van ander belastings is, maar dit is nie die geval nie. KWB vorm deel van Inkomstebelasting en kapitaalwinste en kapitaalverliese moet in die jaarlikse Inkomstebelastingopgawe van ’n belastingbetaler verklaar word.

Indien die belastingbetaler nie geregistreer is vir Inkomstebelasting nie

Indien ʼn natuurlike persoon nie geregistreer is vir Inkomstebelasting nie, en sy/haar belasbare inkomste bestaan slegs uit ʼn belasbare kapitaalwins of ʼn aftrekbare kapitaalverlies, wat die bedrag R30 000 oorskry, sal die persoon as ʼn belastingbetaler by SAID moet registreer. Die nuwe belastingbetaler sal dan ook ʼn Inkomstebelastingopgawe vir daardie belastingjaar moet indien.

Indien die belastingbetaler reeds geregistreer is vir Inkomstebelasting, is dit nie nodig dat hulle vir KWB registreer nie, aangesien KWB deel vorm van Inkomstebelasting.

Belastinghantering van kapitaalwinste in drie stappe

Die eerste stap is om die kapitaalwins te bereken volgens die bepalings van die KWB Wet. Die bespreking van die formules om kapitaalwinste en kapitaalverliese te bereken val egter buite die bestek van hierdie artikel.

Die tweede stap is om die kapitaalwins te verminder met die bedrag van enige uitsluitings wat van toepassing mag wees. Kontak asseblief jou belastingadviseur om uit te vind of jy vir enige van die uitsluitings op kapitaalwinstekwalifiseer.

Die derde stap is om die belasbare gedeelte van die kapitaalwins by die belasbare inkomste van die belastingbetaler te tel. Daar is verskillende insluitingskoerse vir die volgende kategorieë van belastingbetalers:

  • Vir natuurlike persone, bestorwe of insolvente boedels, en spesiale trusts is die belasbare insluitingskoers 33.3%. Dus moet 33.3% van die kapitaalwins by die belasbare inkomste van belastingbetaler gevoeg word, en die belastingbetaler sal dus meer inkomstebelasting betaal.
  • Maatskappye, beslote korporasies en trusts (spesiale trusts uitgesluit) het ʼn belasbare insluitingskoers van 66.6%. Dit beteken dat 66.6% van die kapitaalwins by die belasbare inkomste van belastingbetaler gevoeg moet word, en teen die normale inkomstebelastingkoers van die belastingbetaler belas gaan word.

Aangesien ʼn belasbare kapitaalwins by die belasbare inkomste van die belastingbetaler getel word, sal sekere belastingaftrekkings hierdeur geraak word, terwyl ander aftrekkings nie geaffekteer sal word nie.

Belastingaftrekkings vir individuele belastingbetalers wat nie deur die insluiting van ʼn belasbare kapitaalwins by die belasbare inkomste van die belastingbetaler geraak sal word nie, is:

  • Pensioenfondsbydraes
  • Aftree-annuïteitsfondsbydraes

Belastingaftrekkings wat wel deur die insluiting van ʼn belasbare kapitaalwins by die belasbare inkomste van die belastingbetaler geaffekteer word, sluit in:

  • Mediese uitgawes (slegs van toepassing op individuele belastingbetalers)

Indien ʼn belastingbetaler se mediese aftrekking onderhewig is aan die 7.5% van die belasbare inkomste-beperking, word die aftrekbare bedrag vir mediese uitgawes kleiner indien die belasbare kapitaalwins by belasbare inkomste ingesluit word.

  • Artikel 18(A) donasies

’n Belastingbetaler mag die belasbare kapitaalwins by die belasbare inkomste voeg voordat die 10% limiet vir aftrekbare donasiesvolgens Artikel 18(A) bereken word. Die aftrekbare bedrag van hierdie donasies verhoog dan met 10% van die bedrag van die belasbare kapitaalwins.

Belastinghantering van kapitaalverliese

Kapitaalverliese mag nie van belasbare inkomste afgetrek word nie maar moet verreken word teen huidige of toekomstige kapitaalwinste. Indien daar onvoldoende kapitaalwinste is om die volle kapitaalverlies in die betrokke belastingjaar te verreken, word die ongeëiste balans van die kapitaalverlies oorgedra na die volgende belastingjaar en teen enige kapitaalwinste in daardie jaar afgetrek. Hierdie proses word herhaal totdat die volle bedrag van die kapitaalverlies verreken is teen toekomstige kapitaalwinste.

ʼn Kapitaalwins of kapitaalverlies kan ʼn wesenlike uitwerking op ‘n belastingbetaler se aanspreeklikheid vir inkomstebelasting hê. Dit is van uiterse belang dat hierdie bedrae akkuraat bereken word en dat alle moontlike uitsluitings benut word. Vir verdere navrae rakende kapitaalwinste/-verliese, tree asseblief met u belastingadviseur in verbinding.

Hierdie artikel is ʼn algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg  van die gebruik van enige inligting vervat in hierdie artikel nie. Kontak altyd ʼn finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies. (E&OE) 

Bronnelys:

Posted in Tax | Tagged , , | Comments Off on DIE SKAKEL TUSSEN KWB EN INKOMSTEBELASTING

SAL DIE SAID TOELAAT DAT U MAATSKAPPY/BESLOTE KORPORASIE SE AANGESLANE VERLIES BENUT WORD?

Onder normale omstandighede sal die SAID ‘n belastingbetaler toelaat om die vorige belastingjaar se aangeslane verlies oor te dra en af te trek van die huidige belastingjaar se belasbare inkomste. Daar is egter sekere omstandighede waaronder die SAID nie sal toelaat dat ‘n belastingbetaler ’n aangeslane verlies oordra na die huidige belastingjaar nie en die aangeslane verlies sal ook nie van toekomstige belasbare inkomste afgetrek kan word nie.

Indien daar nie aan die volgende twee vereistes voldoen word nie, sal die SAID die besigheid waarskynlik nie toelaat om sy aangeslane verlies na die huidige belastingjaar oor te dra nie:

Vereiste 1: Die besigheid moes handel gedryf het gedurende die huidige belastingjaar (die “handelsvereiste”)

Die onus rus op die maatskappy/beslote korporasie om aan die SAID te bewys dat dit inderdaad tydens die huidige belastingjaar handel gedryf het. Wanneer die SAID moet bepaal of die besigheid handel gedryf het, sal die volgende faktore onder andere in ag geneem word soos van toepassing op die belastingbetaler se spesifieke besigheid:

  1. Die bedrag en tipe uitgawes aangegaan tydens die belastingjaar
  2. Die omvang van die besigheidsaktiwiteite
  3. Die aard van die besigheid se algemene besigheidsaktiwiteite
  4. Of die besigheidsaktiwiteite aktief beoefen is
  5. Die aantal transaksies wat tydens die belastingjaar aangegaan is

Die volgende aspekte is nie noodwendig voldoende om te bewys dat handel gedryf is nie:

  1. ‘n Voorneme om in die toekoms handel te dryf
  2. Aktiwiteite ter voorbereiding van toekomstige handel
  3. Hou van vergaderings
  4. Voorbereiding van finansiële state

Vereiste 2: Die besigheid moes inkomste verdien het uit die handel wat gedryf is gedurende die huidige belastingjaar (die “inkomste uit handel” vereiste)

‘n Maatskappy/beslote korporasie mag inderdaad handel gedryf het (en uitgawes aangegaan het) gedurende ‘n belastingjaar, maar die verwante inkomste sal eers in die volgende of ‘n latere belastingjaar realiseer weens die aard van die industrie waarin die besigheid handel dryf. Die onus rus weereens op die besigheid om aan die SAID te bewys dat dit inderdaad in die huidige belastingjaar handel gedryf het ten spyte van die feit dat geen inkomste verdien is nie.

Die SAID erken dat dit moontlik is dat ‘n besigheid handel kon gedryf het sonder om ‘n inkomste te genereer in dieselfde belastingjaar. Neem byvoorbeeld ‘n eiendomsverhuringsmaatskappy. Die maatskappy kon aktief beskikbare huureiendomme geadverteer en bemark het sonder om enige geskikte huurders te vind. Dit sal lei tot ‘n verlies in die huidige belastingjaar aangesien uitgawes aangegaan is, maar geen inkomste verdien is in dieselfde tydperk nie. In hierdie geval is dit duidelik dat daar wel handel gedryf is en behoort die SAID die aftrekking (benutting) van ‘n aangeslane verlies in die huidige belastingjaar toe te laat. Die SAID sal dit egter slegs oorweeg om die benutting van die aangeslane verlies toe te laat indien:

  • Dit bloot toevallig was dat geen inkomste verdien is tydens die huidige belastingjaar nie ten spyte daarvan dat die besigheid aktief handel gedryf het; of
  • Geen inkomste verdien is tydens die huidige belastingjaar nie as gevolg van die besigheidsiklus of aard van die industrie waarin die besigheid handel dryf.

Soos blyk uit die verduideliking hierbo is die benutting van aangeslane verliese ‘n grys area. Die onus rus op die besigheid om tot die SAID se bevrediging te bewys dat dit voldoen aan beide die “handelsvereiste” en “inkomste uit handel” vereiste soos hierbo uiteengesit. Die SAID sal elke besigheid individueel assesseer op sy unieke feite en omstandighede met inagneming van bogenoemde faktore ten einde te bepaal of die besigheid toegelaat sal word om sy aangeslane verlies in die huidige belastingjaar te benut.

Hierdie artikel is ʼn algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg  van die gebruik van enige inligting vervat in hierdie artikel nie. Kontak altyd ʼn finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies. (E&OE)

Verwysingslys:

Posted in Tax | Tagged , , | Comments Off on SAL DIE SAID TOELAAT DAT U MAATSKAPPY/BESLOTE KORPORASIE SE AANGESLANE VERLIES BENUT WORD?

FINANSIËLE RISIKOBESTUUR VIR U KLEIN BESIGHEID: WEET U WAT OM TE DOEN?

Is dit werklik nodig om te weet hoe om finansiële risiko te bestuur? Die antwoord is ‘n besliste “Ja!” Dit kan die verskil beteken tussen ‘n suksesvolle besigheid en ‘n besigheid wat gedwing word om sy deure te sluit. Maak seker dat u u besigheid die beste moontlike kans gee om te oorleef en te floreer deur finansiële risikobestuur te verstaan en dit te implementeer.

Finansiële risikobestuur kan in die volgende stappe verdeel word:

1. Verstaan wat finansiële risiko beteken

‘n Finansiële risiko is enige gebeurtenis of omstandigheid wat potensieel ‘n negatiewe impak op die finansies van ‘n besigheid kan hê.

2. Identifiseer finansiële risiko’s van toepassing op die besigheid

Identifiseer al die finansiële risiko’s waaraan u kan dink wat moontlik ‘n impak op die besigheid kan hê. Oorweeg dit om ‘n dinkskrum en/of SWOT-analise saam met werknemers te hou ten einde so veel as moontlik potensiële risiko’s te identifiseer.

‘n Voorbeeld van ‘n finansiële risiko is wanneer kliënte wat op krediet by u koop nie meer in staat is om hul uitstaande rekeninge te betaal nie.

3. Assesseer elke finansiële risiko individueel

Bepaal so goed as wat u kan, met behulp van die beskikbare inligting, hoe waarskynlik dit is dat elke risiko die besigheid kan affekteer en wat die moontlike bedrae van die skade (negatiewe impak) kan wees indien die risiko realiseer.

As ons die voorbeeld kan neem van kliënte wat nie meer hul uitstaande rekeninge kan vereffen nie, is die volgende matriks handig om die waarskynlikheid en omvang van die skade te bepaal indien die risiko sou realiseer. Aanvaar dat die waarskynlikheid en potensiële skade van kliënte wat nie meer hul uitstaande rekeninge kan betaal nie hoog is, soos op die matriks met ‘n “X” aangedui.

Capture

4. Gee aandag aan risiko’s om die negatiewe impak op u besigheid tot die minimum te beperk

Identifiseer en gee aandag aan daardie risiko’s waaroor u die meeste beheer het en fokus u finansiële risikobestuurspogings daarop. Beheer in hierdie konteks sal die vermoë wees om die waarskynlikheid en potensiële skade te minimaliseer indien die risiko sou realiseer.

Skep en implementeer ‘n aksieplan om elk van die geselekteerde risiko’s tot aanvaarbare vlakke te verlaag.

Oorweeg die uitneem van versekering om die besigheid teen eksterne risiko’s te beskerm waaroor die besigheid nie veel beheer het nie, bv. natuurrampe.

Om verder uit te brei op die voorbeeld: die matriks toon dat dit hoogs waarskynlik is dat kliënte nie hul rekenings sal kan betaal nie, en die gevolglike bedrag van slegte skuld kan aansienlik wees. Daar is maatreëls wat die besigheid kan implementeer om die waarskynlikheid en bedrag van skade weens slegte skuld te voorkom, of minstens te verlaag. Dis implementering van hierdie maatreëls waarop die besigheid behoort te fokus ten einde die risiko van slegte skuld tot aanvaarbare vlakke te verminder. Voorkomende maatreëls kan die nagaan van kliënte se kredietrekords voordat goedere op krediet aan hulle verkoop word, insluit, sowel as die implementering van ‘n voorafgoedgekeurde kredietlimiet per kliënt.

5. Monitor die finansiële risikobestuursplan

Hersien die finansiële risikobestuursplan gereeld om te verseker dat dit tred hou met die veranderende omstandighede van die besigheid en steeds effektief is in die vermindering van huidige finansiële risiko’s.

As die bostaande voorbeeld van potensiële slegte skuld gebruik kan word, kan gereelde ondersoeke van die debiteure se ouderdomsanalise ‘n toename in uitstaande bedrae toon wat daarop kan dui dat die kredietbeleid vir kliënte hersien en opgedateer moet word.

Behoorlike finansiële risikobestuur kan ‘n besigheid se kanse op sukses en winsgewendheid aansienlik verbeter. Indien u ‘n finansiële risikobestuursplan wil implementeer of vermoed dat die huidige finansiële risikobestuursplan verouderd is, kontak gerus u finansiële raadgewer vir professionele bystand.

Hierdie artikel is ʼn algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg  van die gebruik van enige inligting vervat in hierdie artikel nie. Kontak altyd ʼn finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies. (E&OE) 

Verwysingslys:

Posted in Besigheid | Business | Tagged , , | Comments Off on FINANSIËLE RISIKOBESTUUR VIR U KLEIN BESIGHEID: WEET U WAT OM TE DOEN?

VOORGESTELDE WYSIGINGS AAN TRUSTBELASTING

Anders as ander maande, handel hierdie nuusbrief nie oor ’n tegniese aspek wat u moontlik reeds in u besigheid teëgekom het nie. Hierdie maand  oorweeg ons die vraag wat waarskynlik in meeste belastingpligtiges se gedagtes bestaan ná die aanbevelings van die Davis Tax Committee (DTC) rakende die toekoms van trustbelasting, naamlik: Moet ek my trust-strukture nou verander? Die nuusbrief kan nie noodwendig ’n antwoord op hierdie vraag bied nie, maar gee wel ’n oorsig van die voorstelle en redes daarvoor asook die risiko indien daar oorhaastige veranderinge gemaak sou word.

Agtergrond tot die kwessie 

Trusts en die belastingimplikasies van hierdie instrumente besorg al vir ’n aantal jare kopsere vir die SAID. Hierdie bekommernisse strek van die gebruik van trusts deur korporatiewe belastingpligtiges vir aandeelaansporingskemas tot instrumente vir boedel- belastingbeplanning deur individue met ’n hoë netto waarde. As gevolg hiervan is die hersiening van die trustbelastingstelsel al ’n paar keer  voorgestel sonder dat daar veel wysigings aan die wetgewing gevolg het. Gedurende Julie 2015 het die DTC die konsep-verslag met aanbevelings oor boedelbelasting en trusts vir openbare kommentaar vrygestel met die aanduiding dat hierdie verandering vroeg in 2016 geïmplementeer behoort te word. Hierdie aanbevelings  het veroorsaak dat heelwat belastingpligtiges vrae het oor die pad vorentoe met bestaande trust-strukture.

Oorsig van die aanbevelings

Die DTC se aanbevelings rakende welvaartbelasting behels ’n verbetering van die bestaande maatreëls (boedelbelasting en kapitaalwinsbelasting) eerder as die instelling van ’n nuwe kapitaaloordrag- of ander welvaartbelasting.

Dit lyk asof die primêre tema van die voorstelle is dat die bydrae van boedelbelasting en invordering van kapitaalwinsbelasting beide sal baat deur ’n verbetering van die trustbelastingstelsel. Die voorgestelde veranderinge aan die trustbelasting- stelsel is gebaseer op die beginsel dat ’n trust belas behoort te word op die inkomste wat daaraan toeval. Daar behoort geen geleentheid te wees om die belastingaanspreeklikheid na ’n begunstigde oor te skuif wat teen ’n laer koers belas kan word nie. Soortgelyk hieraan behoort daar nie ’n geleentheid te bestaan om die belastingaanspreeklikheid van die trust te allokeer na die persoon wat die bates aan die trust geskenk het of op ’n rente-vrye lening verkoop het nie. In baie gevalle het hierdie persoon oor die bate beskik juis met die doel om minder boedelbelasting te betaal. Die bepalings van artikel 7 vereis dat hierdie inkomste deur sulke bates gegenereer in die hande van die skenker teen sy of haar belastingkoers eerder as die trust se 41% belas word. Bykomend hiertoe, kan die skenker die verdere voordeel kry wanneer hy op trust- inkomste belas word dat sy boedel effektiewelik krimp tot voordeel van die waarde van bates wat in die trust toeneem. Dit is teenstrydig met die doel van artikel 7.

Die verwydering van die uitkeringsbepalings sal effektiewelik beteken dat die inkomste verdien deur ’n trust teen die vaste koers van 41% belas sal word terwyl kapitaalwinste op die beskikking van bates teen ’n koers van 27,3% belas word. Dit lyk asof die DTC van mening is dat belastingpligtiges die keuse moet maak om bedrae teen hierdie koerse te belas, maar dit dan van hulle boedels kan uitsluit, of alternatiewelik eerder groei binne die boedel te hou en teen moontlike laer koerse (veral op kapitaalwinste) belas te word. Die argument behels dat hierdie keuse mettertyd sommige belastingpligtiges sal oortuig om bates in hulle eie hande te hou en sodanig die invordering van boedelbelasting en kapitaalwinsbelasting by afsterwe sal bevorder.

Buiten die bogenoemde veranderinge aan trustbelasting, is die volgende sommige van die hoofaanbevelings (slegs hooftrekke daarvan) wat boedelbeplanning in die toekoms kan raak:

  • Die vrystelling van boedelbelasting vir nalatings aan gades behoort geskrap te word of tot ’n sekere maksimum bedrag beperk te word;
  • Soortgelyk hieraan behoort die vrystelling op skenkings aan gades in plek te bly maar beperk te word om oordrag van aandele en eiendom uit te sluit; en
  • Die vrystelling van skenking met die doel om sekere persone te onderhou, is te wyd en moet beperk word tot sekere onkostes in verband met sodanige

Gevare van oorhaastige veranderinge

Die DTC het nog net aanbevelings gemaak. Alhoewel die konsepverslag voorstel dat implementering vroeg in 2016 moet plaasvind, lyk dit hoogs onwaarskynlik aangesien geen wysigings in die 2015-begroting aangekondig is nie en dit ook nie verskyn in die 2015 voorgestelde wetswysigings wat in Julie 2015 vrygestel is nie. Die dui daarop dat die wysigings moontlik eers in 2017 in werking kan tree, maar daar is geen waarborge hiervoor nie. Belastingpligtiges moet bewus  wees van die feit dat meeste pogings om bestaande trust-strukture te ontbondel tot wesenlike kapitaalwins en ander oordragsbelastings kan aanleiding gee, sonder dat daar noodwendig kontantvloei realiseer waaruit hierdie aanspreeklikheid gedelg kan word.

Ter afsluiting

Dit kan goeie raad aan belastingpligtiges wees om te wag om te sien wat die detail wysigings is, of daar oorgangsverligting beskikbaar gestel gaan word asook om die opsies op daardie punt deeglik en ingelig te oorweeg. ’n Mens kan moontlik vind dat ’n trust- struktuur steeds ’n werkbare opsie is afhangend van die spesifieke omstandighede en behoeftes van ’n belastingpligtige. Dit sal egter raadsaam wees om gereeld met ons by Du Toit Van Den Heever Ing kontak te maak om ingelig te bly oor verwikkelinge in hierdie area en die effek van sulke verwikkelinge in elke belastingpligtige se spesifieke konteks te verstaan.

Bron: PvdZ Consulting (Edms) Bpk.

Posted in Trusts | Tagged | Comments Off on VOORGESTELDE WYSIGINGS AAN TRUSTBELASTING

PUBLIC BENEFIT ORGANISATIONS: CROSSING THE T’S & DOTTING THE I’S

As pointed out in last month’s article, only public benefit organisations (PBO’S) approved by the Commissioner in terms of section 30 of the Income Tax Act (“the Act”) qualify for tax relief.  It is therefore important that organisations are aware of what is required to apply for and maintain their tax exempt status.

Applications for exemption must be submitted to the Tax Exemption Unit (TEU) by way of an EI1 form; available on the SARS website.  The form must be accompanied by a copy of the constitution, will or other document in terms of which the entity is established.  In the case of a company, the founding document to be submitted will be the company’s memorandum of incorporation.  The scope of this article is not wide enough to include a discussion of the requirements of the Companies Act in this regard, but companies wishing to apply for approval are advised to obtain professional advice to ensure that their MOI’s comply with the requirement of both the Income Tax Act and the Companies Act.

It goes without saying that the founding document must identify an approved public benefit activity as the sole or principal object of the PBO.  Furthermore, section 30 requires a founding document to contain provisions ensuring the following:

  1. The PBO must at all times have at least three unconnected persons to accept the fiduciary responsibility of the organisation.
  2. No single person may directly or indirectly control the decision-making powers of the organisation.
  3. The PBO is prohibited from distributing its funds to any person and is required to use the funds solely in the furtherance of the object for which it has been established. A PBO may however invest surplus funds at its own discretion.
  4. The PBO may not accept donations which are revocable at the instance of the donor.
  5. Any amendment to the founding document must be submitted to the Commissioner.

If the founding document does not contain these minimum provisions, the persons responsible for the administration of the funds and assets of the PBO may provide a written undertaking (form EI2) that the organisation will be administrated in accordance with the provisions of section 30.

The Commissioner may approve an organisation with retrospective effect from the date on which that organisation qualified for approval.  The practical value of this provision cannot be over-emphasised, as the TEU may take several months to process an application for approval.

In order to maintain its exempt status a PBO also has to comply with the following requirements:

  • It may not pay remuneration to any employee, office bearer, member or other person that is excessive. The reasonableness of the remuneration is determined with reference to the sector, the services rendered and whether it economically benefits any person.
  • Funds may not be utilised to benefit any political party.
  • On dissolution it must transfer its assets to an approved entity, namely another PBO, the Government or an institution, board or body contemplated in section (10)(1)(cA). The latter includes entities that conduct research, provide useful commodities or promote commerce, industry or agriculture.
  • The PBO may not be a party to or allow itself to be used in a tax avoidance scheme to avoid the liability for tax of any other person.

If the Commissioner is satisfied that an organisation failed to comply with the provisions of the Act and/or its founding document, the PBO must be given notice to take corrective steps.  Should the PBO fail to remedy the situation, the Commissioner must withdraw that organisation’s approval from the commencement of that year of assessment.  The PBO then has six months (or such longer period as the Commissioner may allow) to transfer its assets to another PBO, the Government or institution, board or body contemplated in section 10(1)(cA).

A PBO is also required to transfer its assets in the prescribed way upon its dissolution.  Should it fail to do so, whether in the case of dissolution or withdrawal of approval, a severely punitive measure comes into play.  The market value of all its assets, less bona fide liabilities, is deemed to be taxable income in the year that the PBO’s approval is withdrawn or its public benefit activities terminated.

Even though a PBO may have no tax liability, it is still required to submit an annual income tax return.  This enables the Commissioner to assess whether the organisation is adhering to the requirements of the Act.  The PBO’s year of assessment will coincide with its financial year.  In the case of a trust however, its year of assessment will run from 1 March to the last day of February of the next year.

Section 30(9) requires a PBO to keep books of account, records and other documents for a period of four years after completion of the transactions, acts or operations to which they relate.  In addition, the Tax Administration Act requires all taxpayers to keep records, books of accounts and documents used in the completion of an income tax return for a period of five years from date of the submission of the return.

As mentioned in the previous article, PBO’s carrying out public benefit activities listed in Part II of the Ninth Schedule, may apply for approval to issue receipts in respect of donations, rendering such donations tax deductible.  In addition to the reporting requirements applicable to all PBO’s, an organisation with approval to issue section 18A receipts must also obtain and retain an annual audit certificate confirming that all donations in respect of which receipts were issued during that year were utilised solely in carrying out activities contemplated in Part II of the Ninth Schedule.

The price to pay for abuse of the tax benefits awarded to PBO’s is high.  Any person who is in a fiduciary capacity responsible for the management or control of the income and assets of a PBO who intentionally fails to comply with the provisions of section 18A, section 30 or the organisation’s founding document, shall be guilty of an offence and liable on conviction to a fine or imprisonment for a period not exceeding 24 months.

This article is a general information sheet and should not be used or relied on as professional advice. No liability can be accepted for any errors or omissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact your financial adviser for specific and detailed advice. Errors and omissions excepted (E&OE) 

Posted in Tax | Tagged | Comments Off on PUBLIC BENEFIT ORGANISATIONS: CROSSING THE T’S & DOTTING THE I’S

DIE BEREKENING VAN RENTE BETAALBAAR TUSSEN BELASTINGBETALERS EN DIE SAID?

Die Wet op Belastingadministrasie (Engels: Tax Administration Act of TAA) skryf algemene beginsels voor wat toegepas moet word wanneer rente aan of deur die SAID betaalbaar, bereken word. Die doel hiervan is om ‘n meer regverdige en uniforme manier van renteberekening daar te stel vir beide belastingbetalers en die SAID. Soos met die meeste dinge is daar egter uitsonderings. Hierdie artikel bespreek die algemene rentebepalings en sekere uitsonderings.

Die volgende algemene konsepte word neergelê vir die berekening van rente betaalbaar tussen belastingbetalers en die SAID:

  • Rente is vergoeding vir ‘n verlore geleentheid om geld te gebruik.
  • Rente sal daagliks bereken word op die uitstaande bedrag en rente op rente word maandeliks bereken.
  • Rente loop op vanaf die effektiewe betaaldatum tot die werklike betaaldatum van ‘n uitstaande bedrag. Die effektiewe betaaldatum is die datum waarop belasting verskuldig en betaalbaar raak volgens ‘n belastingwet.

Die volgende afdeling verduidelik vier van die uitsonderings op die algemene konsepte hierbo:

  • Terugbetalings deur die SAID

Indien die SAID ‘n terugbetaling aan ‘n belastingbetaler moet maak, word rente op die terugbetaling bereken vanaf die datum waarop die SAID die bedrag ontvang het wat terugbetaal moet word, tot op die datum wanneer die SAID die terugbetaling aan die belastingbetaler maak.

Waar die SAID ‘n terugbetaling teen ander belasting verskuldig deur die belastingbetaler verreken, word geag dat die terugbetaling gedoen is op die verrekeningsdatum.

  • Voorlopige belasting

In die geval van die verpligte eerste voorlopige belastingbetaling is die effektiewe datum die laaste besigheidsdag van die sesde maand na die einde van die belastingjaar. Rente sal bereken word vanaf die effektiewe datum, tot die betaaldatum of die effektiewe datum van die tweede voorlopige belastingbetaling, watter datum ookal eerste voorkom.

Vir die tweede voorlopige belastingbetaling (ook verpligtend) is die effektiewe datum die laaste besigheidsdag van die belastingjaar. Rente word bereken vanaf die effektiewe datum tot een van die volgende datums, watter een ookal eerste voorkom: die werklike betaaldatum of die effektiewe datum (soos voorgeskryf) van die opsionele derde voorlopige belastingbetaling.

  • Vertraagde BTW-terugbetalings

Geen rente word bereken op die tydperk van die vertraging van die terugbetaling indien die vertraging deur die belastingbetaler veroorsaak is nie. Die tydperk van ‘n vertraging word vasgestel vanaf die datum waarop die belastingbetaler verlangde inligting by die SAID moes indien (bv. bankdetails van die rekening waarin die SAID die terugbetaling moet maak) tot die datum waarop die belastingbetaler werklik die vereiste inligting indien.

  • Bedrae per abuis terugbetaal

Indien die SAID per abuis ‘n terugbetaling aan ‘n belastingbetaler maak, word die terugbetaling beskou as belasting wat verskuldig en betaalbaar is deur die belastingbetaler. Rente sal op die terugbetaling bereken word vanaf die datum waarop die SAID foutiewelik die terugbetaling gemaak het tot die datum waarop die belastingbetaler die bedrag aan die SAID terugbetaal.

‘n Senior beampte van die SAID mag opgelegde rente kwytskeld indien hy/sy tevrede is dat die rente gehef is weens omstandighede buite die beheer van die belastingbetaler. Daar is slegs drie gevalle waar omstandighede beskou mag word as buite die beheer van die belastingbetaler: ernstige siekte of ongeluk, natuurlike of mensgemaakte rampe, of burgerlike oproer of ontwrigting van dienste.

Die Wet op Belastingadministrasie poog om voorsiening te maak vir ‘n gelyke aantal dae waarop rente betaalbaar tussen belastingbetalers en die SAID bereken word, en om uniforme reëls vir die berekening van rente van toepassing te maak op al die soorte belasting wat deur die SAID geadministreer word.

Hierdie artikel is ʼn algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg  van die gebruik van enige inligting vervat in hierdie artikel nie. Kontak altyd ʼn finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies. (E&OE) 

Verwysingslys:

Toegang tot die volgende bron is verkry op 21 Junie 2015:

  • SARS Kort Gids tot die Wet op Belastingadministrasie, 2011 (Wet Nr. 28 van 2011), Hoofstuk 12
Posted in Tax | Tagged , | Comments Off on DIE BEREKENING VAN RENTE BETAALBAAR TUSSEN BELASTINGBETALERS EN DIE SAID?

‘N PAAR FINANSIËLE TERME GEBRUIK IN DIE MEDIA: WEET JY WAT HIERDIE TERME BETEKEN?

Die media gebruik gereeld finansiële terme sonder om veel ag daarop te slaan dat gebruikers nie altyd presies weet wat hierdie terme beteken nie. Soms weet lesers en luisteraars wat die woorde beteken, maar in ander gevalle is hulle totaal in die donker gelaat rakende die werklike betekenis van die terme. Indien jy die betekenisse, soos hieronder weergegee, verstaan, kan jy jou vriende by ʼn braai beïndruk deur die terme te gebruik en selfs vir hulle verduidelik wat elkeen beteken. 

Bruto wins versus netto wins

Bruto wins word as volg bereken:

  • Omset (verkope) minus die direkte koste (koste van verkope) aangegaan in die
    produksieproses om die produk te vervaardig/die proses om die diens te lewer.

Netto wins is dit wat jy kan hou nadat alle uitgawes in berekening gebring is. Die formule om netto wins te bereken is:

  • Bruto wins minus indirekte uitgawes (oorhoofse/nie-produksiekoste).

Winsmarge

Die winsmarge is ʼn aanduiding van die winsgewendheid van die besigheid in terme van ʼn persentasie.

‘n  Bruto winsmarge (%) kan as volg bereken word:

  • Bruto wins/Verkope (ook genoem die omset) x 100

Om die netto winsmarge (%) te bereken kan die volgende formule gebruik word:

  •  Netto wins/Verkope x 100

Die ideale bruto- en netto winsmarges verskil tussen industrieë aangesien die direkte en indirekte kostes tussen industrieë nie dieselfde is nie.

Kontant-gaping (‘Cash gap’)

ʼn Kontant-gaping is die aantal dae wat verloop vandat die besigheid kontant betaal vir voorraad wat aangekoop is, totdat die besigheid kontant ontvang vanaf kliente wat dieselfde voorraad van die besigheid gekoop het.

Dit idee is om kontantbetalings en kontant-ontvangstes so te bestuur dat die kontant-gaping so kort as moontlik is sodat die besigheid so min as moontlik geld hoef uit te lê vir die kortste tydperk moontlik om die voorraad te finansier.

Nismark 

ʼn Nismark is ʼn klein deel van ʼn groter mark wat oor die potensiaal beskik om winsgewend te wees indien dit reg ontgin word.

Hoe bepaal jy jou nismarkte? Mens “vind” nie sommer net ʼn nismark nie. ʼn Nismark word geskep deur leemtes in huidige markte te identifiseer waar verbruikers ʼn behoefte het wat nog nie aangespreek is deur iemand anders nie, en dan die produk of diens te lewer om die leemte te vul.

Passiewe inkomste 

Passiewe inkomste is inkomste wat jy ontvang waarvoor jy nie tans aktief hoef te werk nie. Daar is egter ʼn vangplek – die bron van die passiewe inkomste moet eers geskep word alvorens jy die passiewe inkomste kan genereer, en die aanvanklike proses neem tyd, geld en harde werk.

Voorbeelde van passiewe inkomste sluit in huur ontvang uit ʼn vroeëre belegging in eiendomme en  tantieme wat ʼn outeur ontvang uit die verkope van ʼn boek wat in die verlede geskryf is. Salarisse en lone word nie as passiewe inkomste beskou nie, aangesien jy nou daarvoor moet werk om dit te verdien.

Inflasie 

Daar bestaan verskeie “slim” definisies vir inflasie maar die begrip kan in ʼn neutedop soos volg verduidelik word: In 1999 kon jy ʼn brood koop vir R6. In 2009 kos dieselfde brood jou R10. Inflasie is wat met jou geld gebeur het. Dieselfde bedrag word met die verloop van tyd al hoe minder werd of, anders gestel, jy sal nou meer moet betaal vir dieselfde item as wat jy in die verlede daarvoor betaal het.

Die bogenoemde verduidelikings poog om lig te werp op die betekenis van sommige finansiële terme wat gereeld deur die media gebruik word. Indien jy enigsins meer inligting rakende enige van die bespreekte, of ander, finansiële terme nodig het, kontak asseblief jou finansiële adviseur. 

Hierdie artikel is ʼn algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg  van die gebruik van enige inligting vervat in hierdie artikel nie. Kontak altyd ʼn finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies. (E&OE) 

Bronnelys

Posted in Finansiele | Financial | Tagged | Comments Off on ‘N PAAR FINANSIËLE TERME GEBRUIK IN DIE MEDIA: WEET JY WAT HIERDIE TERME BETEKEN?

UNEMPLOYMENT INSURANCE FUND

The Unemployment Insurance Fund (the “UIF”) is a fund established in terms of section 4 of the Unemployment Insurance Act, Act no. 63 of 2001 with a mandate to collect contributions and pay unemployment benefits to qualifying beneficiaries.

In terms of section 56 of the Unemployment Insurance Act employers have the following duties towards the UIF:

  • Section 56 (1) of the UIF Act requires employers to register with the UIF as soon as they commence activities as employers.
  • Section 56 (3) requires employers to, before the 7th of each month, inform the Commissioner of any change during the previous month in any information furnished in terms of section 56 (1).
  • Section 7 of the Unemployment Insurance Contributions Act requires the employer to deduct contributions from the employee and, together with his contribution, pay that over to the SARS Commissioner or the UIF Commissioner before the seventh of every month.

The above information is used by the UIF Commissioner to keep a database as required by section 57 of the UI Act.  This information is in turn used to calculate the amount of and pay out contributions to the beneficiaries when they come to claim for unemployment benefits.

Challenges identified by the UIF

The UIF has identifies a gap in terms of compliance to the UIF legislation by employers.  We have identified lack of information and assistance, amongst others, as contributing factors to this non-compliance.  There is also confusion amongst employers that if you are registered with SARS, paying contributions and submitting returns to SARS, then you do not have to register with UIF.

The UIF has therefor embarked on a project to assist employers to comply with our legislation.  Part of the strategy is to collaborate with organised bodies to act on behalf of their members or clients to assist them to comply.

  1. Request to employers

To enable us to assist you in this regard, you are hereby requested to submit the information to the following e-mail address: enquiries.compliance@labour.gov.za

The information must include the following:

  • UIF reference number of the employer
  • Name of the employer/business
  • Employer’s list of current employees, i.e. surname and initials, and ID numbers.
  1. Register on U-filing

Employers are also encourage to register on U-filing to submit their declarations and/or pay their contributions electronically.  To register on U-filing please visit www.ufiling.co.za or alternatively contact the following officials: Ms Maschache Molefe at maschache.molefe@labour.gov.za and Mr Kgomotso Sono at kgomotso.sono@labour.gov.za

This article is a general information sheet and should not be used or relied on as professional advice. No liability can be accepted for any errors or omissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact your financial adviser for specific and detailed advice. Errors and omissions excepted (E&OE). 

 

 

 

 

 

Posted in Finansiele | Financial | Tagged | Comments Off on UNEMPLOYMENT INSURANCE FUND

OPVOLGBEPLANNING

Die besit van ‘n besigheid vereis noukeurige opvolgbeplanning en is deel van jou boedelbeplanning, omdat jy moet bepaal wie jou gaan opvolg, of wie jou aandele gaan koop, of wie geregtig sal wees op die inkomste na jou dood. Die toekomstige eienaarskap van jou besigheid is op die spel.

‘n Vennootskap word outomaties ontbind by die dood van ‘n vennoot en die oorblywende vennote moet dan die vennootskap ontbind en die bates onder mekaar verdeel.

In die geval van ‘n Maatskappy mag die aandeelhouers ooreenkom dat:

  1. Die oorblywende aandeelhouers ‘n reg van eerste weiering het om die oorlede aandeelhouer se aandeelhouding te koop, in teenstelling met ‘n bemaking in ‘n testament.
  2. Die toekoms van eienaarskap of aandele gereguleer kan word deur ‘n skriftelike ooreenkoms tussen aandeelhouers en word na verwys as ‘n “koop- en verkoopooreenkoms”, wat ‘n invloed het met die dood van ‘n vennoot of aandeelhouer.
  3. Die koop- en verkoopooreenkoms verplig die eksekuteur van die oorledene om die aandele aan te bied teen ‘n voorafbepaalde prys, en lewenspolisse tussen aandeelhouers onderling dek gewoonlik die koopprys. Die oorblywende aandeelhouers is verplig om te koop.
  4. Die oorblywende aandeelhouers is die begunstigdes van die lewenspolis op die lewe van die oorledene en gebruik dit om die aandele te koop, normaalweg pro rata tot die aandele wat hulle reeds besit.
  5. Koop- en verkooppolisse val buite die boedel van die oorledene en die opbrengs is nie onderhewig aan boedelbelasting nie, op voorwaarde dat die volgende drie vereistes nagekom is:

– Geen van die premies moes betaal gewees het deur die oorledene self nie;

– Die aandeelhouers-verhouding moet bestaan ten tye van die dood;

– Daar moet ‘n skriftelike ooreenkoms wees.

  1. Wanneer die vaardighede en kennis van ‘n vennoot essensieel is vir die voortbestaan van die besigheid, kan “sleutelmanversekering” uitgeneem word op die lewe van sodanige aandeelhouer of vennoot. Die premies word betaal deur die besigheid en die opbrengs word betaal aan die besigheid self om finansiële verlies te voorkom of om ‘n plaasvervanger aan te stel en op te lei.

In die geval van ‘n eenmansaak behoort opvolgbeplanning in die Testament behandel te word.

  1. Die volledige waarde van die besigheid vestig in die bestorwe boedel.
  2. Beplanning is essensieel omdat die besigheid by dood termineer, alhoewel die eksekuteur dit mag verkoop as ‘n lopende saak.
  3. Dis ‘n goeie plan om ‘n reg van eerste weiering te gee aan ‘n vennoot, wat dan die besigheid en intellektuele kapitaal na die dood kan koop.
  4. ‘n Lewenspolis kan uitgeneem word waarin die eienaar se lewe verseker is, die vennoot die begunstigde is en die opbrengs by dood aangewend word om die besigheid te koop.
  5. Dit is voor die hand liggend dat beplanning die voordeel vir die boedel verhoog, in teenstelling met die sluiting van die besigheid waar die bates veel minder werd sal wees.

Deurlopende opvolgbeplanning moet deel wees van jou besigheidstrategie om te verseker dat jou harde werk die regte persone bevoordeel.

Hierdie artikel is ʼn algemene inligtingsblad en moet nie as professionele advies beskou word nie. Geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foute, verlies of skade wat ondervind word as gevolg  van die gebruik van enige inligting vervat in hierdie artikel nie. Kontak altyd ʼn finansiële raadgewer vir spesifieke en gedetailleerde advies. (E&OE)

Posted in Besigheid | Business | Tagged , , | Comments Off on OPVOLGBEPLANNING